Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Enterprise-polonie kry nuwe eienaar

Die voedselgroep Tiger Brands het die transaksie beklink om sy vleisverwerkingsondernemings – hoofsaaklik sy Enterprise-handelsnaam – aan Country Bird te verkoop.

‘n Voorbeeld van die Enterprise-produkte wat in 2018 landwyd onttrek is as voorsorgmaatreël teen die verdere verspreiding van listeriose. Foto: Tiger Brands

Daar is aan al die voorwaardes vir die transaksie voldoen en dit tree op 1 November in werking, het Tiger Brands in ’n Sens-verklaring gesê.

Die ondernemings in Germiston, Polokwane en Pretoria word vir R153 miljoen aan die Silver Blade Abattoir verkoop, wat ’n volfiliaal van die pluimveemaatskappy Country Bird is.

Tiger Brands is in 2018 sleg getref deur die uitbreking van listeriose in een van sy aanlegte wat Enterprise-vleisprodukte produseer.

Hy moes vier aanlegte sluit en die Enterprise-produkte van die winkelrakke verwyder.

Die groep het al ’n jaar gelede aangedui hy soek ’n koper vir sy vleisafdeling wat die Enterprise-, Renown-, Bokkie- en Mieliekip-handelsnaam besit.

Tiger Brands, wat bekend is om huishoudelike handelsname soos All Gold, Black Cat, Koo, Oros, Beacon-sjokolade en Jungle-hawermoutpap, is swaar deur koronavirusinperking getref.

Hy het ook planne om sy vrugte-inmaakfabriek in Ashton in die Wes-Kaap te verkoop.

Hy het in September sy Olifantsfontein-vleisverwerkingsaanleg vir R100 miljoen aan Molare verkoop.

Meer oor:  Enterprise  |  Tiger Brands  |  Country Bird  |  Listeriose  |  Polonie  |  Kos  |  Listeriose-Epidemie  |  Kosvervaardigers  |  Koue Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.