Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Erik Venter groet by Comair
Erik Venter, uitvoerende hoof van die genoteerde lugdiensgroep Comair, het om persoonlike redes bedank.
Erik Venter
Erik Venter, uitvoerende hoof van Comair, werk nog net tot einde Julie by die lugdiensgroep.
Venter het 23 jaar vir Comair gewerk, wat die laekostelugdiens kulula.com en die plaaslike franchise van British Airways in Suid-Afrika bedryf.
Comair het Dinsdagaand in ’n Sens-verklaring gesê Venter werk nog tot einde Julie, maar het as uitvoerende hoof en as direkteur van die maatskappy bedank.
’n Plaasvervanger vir Venter sal binnekort aangekondig word. Comair meen egter die maatskappy het ’n sterk en ervare bestuurspan en dat die bedrywighede soos normaalweg sal voortgaan.
Comair het die afgelope maande verskeie uitdagings beleef, onder meer ’n staking van werknemers wat gedreig het om die lugdiensgroep se besige Paasnaweek-vlugte te ontwrig, asook die ongeluk in Maart van ’n Boeing 737 MAX vliegtuig van Ethiopian Airlines wat beteken het dat Comair sy eie Boeing 737 MAX aan diens moes onttrek.
Comair is tans met ’n vlootvernuwingsprogram besig wat die bestel van agt nuwe Boeing 737 MAX’s insluit.
Comair het onder Venter se bestuur verskeie mededingingsake teen die staatsbeheerde lugdiens SAL aanhangig gemaak. Hy het ook die groep gehelp om te diversifiseer weg van blote lugdiensbedrywighede na die instandhouding van vliegtuie, die oplei van vlieëniers van ander lugdienste, asook verwante dienste soos lughawesitkamers, spyseniering en reisagentskappe.
Venter het as finansiële bestuurder by Comair begin en was eers langer as vyf jaar mede- uitvoerende hoof saam met Gidon Novick voordat hy in 2011 as enigste uitvoerende hoof aangestel is toe Novick bedank het om sy eie sakebedrywighede na te streef.
Venter en Novick het op hul beurt die jare lange uitvoerende hoof en stigter van die groep, Piet van Hoven, opgevolg.
’n Moontlike opvolger vir Venter is Wrenelle Stander, tans bedryfshoof van Comair Aviation, wat wye ervaring in die lugvaartbedryf het, onder meer as hoof van die lugverkeersnavigasiediens ATNS, adjunkhoof van die Burgerlugvaartowerheid en as direkteur-generaal van vervoer in die staatsdiens.
Meer oor:  Kulula.Com  |  British Airways  |  Comair  |  Erik Venter  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.