Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ethiopian Airlines stel glo steeds belang in SAL
Ethiopian Airlines stel glo steeds belang om ’n belang in die SAL te bekom. Foto: Argief

Ethiopian Airlines is een van die maatskappye wat glo steeds in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) belang stel.

Volgens ingeligte bronne oorweeg die lugdiens glo steeds sy opsies om die sukkelende SAL te help en is een daarvan – om ’n belang in die SAL te bekom – tans onder bespreking.

Die onderhandelings duur egter voort en daar is ’n moontlikheid dat geen ooreenkoms bereik sal word nie.

Die regering gaan sowat R10 miljard in die hande moet kry om die lugdiens, wat al die afgelope vyf maande nie in bedryf is nie, weer in die lug te kry. Dit is luidens die sakereddingsplan wat krediteure en vakbonde in Julie aanvaar het.

Tito Mboweni, minister van finansies, het dit egter duidelik gemaak dat die geld uit private bronne moet kom. Hy het slegs onderneem om te help om die geld te “mobiliseer”.

Die SAL is reeds in Desember in sakeredding geplaas.

Die bronne met wie Bloomberg gepraat het, sê die geld sal waarskynlik eerder van private beleggers kom, terwyl Ethiopian Airlines die nodige tegniese kennis sal bydra.

Tewolde GebreMariam, uitvoerende hoof van Ethiopian Airlines, het voorheen gesê dat gesprekke gevoer is, maar dat dit stopgesit is. Hy het navrae na Abel Alemu, die lugdiens se streekbestuurder vir Suider-Afrika, verwys. Alemu het nie onmiddellik op navrae gereageer nie.

’n Woordvoerder van die SAL wou ook nie kommentaar lewer nie.

Die departement van openbare ondernemings het in Augustus gesê dat meer as tien private beleggers en finansiers daarin belang stel om in die “nuwe” SAL te belê.

LEES OOK: 10 stel belang om in ‘nuwe’ SAL te belê

Die aanbiedinge sluit glo die filiale Mango, Air Chefs en SAA Technical in.

Kgathatso Tlhakudi, direkteur-generaal van die departement, het in ’n onderhoud gesê dat minstens vier van die voorstelle belowend lyk. Die departement wou egter nie verder kommentaar lewer nie.

Buiten Ethiopian Airlines is die staat in gesprek met Emirates Airlines wat betref ’n ooreenkoms met die SAL.

“Emirates kan bevestig daar is gesprekke oor samewerking en ’n vennootskap tussen die twee lugdienste,” het ’n woordvoerder van dié lugdiens gesê.

– Bloomberg, verkort

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.