Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fairvest verwag nog stewige groei
Darren Wilder, uitvoerende hoof van Fairvest.Foto: Verskaf

Fairvest, een van die kleiner, maar snels groeiende rolspelers in die kleinhandel-eiendomssektor, is vol vertroue dat hy sy stewige resultate vir die boekjaar tot einde Junie in 2017 sal kan herhaal.

Darren Wilder, uitvoerende hoof, waag in ’n verklaring dat Fairvest weer verdelingsgroei van tussen 9% en 10% in 2017 kan behaal ondanks die swak ekonomiese toestande. Vanjaar het die verdeling met 10,29% tot R16,66 per aandeel gestyg.

Fairvest fokus op kleinhandelsentrums in buitestedelike en landelike gebiede sowel as gemeenskapsentrums wat die laer inkomstegroepe bedien in groeigebiede naby vervoernetwerke.

Wilder sê hy is tevrede dat sy maatskappy in 2016 in kernareas goeie resultate gelewer het:

* Die totale portefeulje groei met 41,4% tot R1,92 miljard;

* Netto batewaarde neem toe met 9,3% tot R201,60 per aandeel.

* Onbesette ruimte verminder van 4,4% tot 3,8% van die totale verhuurbare oppervlakte;

* Altesame 11,6% meer hernuwingsooreenkomste word met bestaande huurders gesluit,

* Vergelykbare geannualiseerde netto eiendomsinkomste styg met 10,5%;

* Die persentasie huurders wat behou word, neem van 81% tot 85,2% toe; en

* Die anker- en nasionale huurders in die portefeulje, is 77,6%.

Fairvest het in die boekjaar sewe eiendomme verkry – die Sibilo Shopping Centre in die Noord-Kaap, Middestad Sentrum en Mega Park in die Vrystaat, Parow Valley Spar in die Wes-Kaap en drie Boxer Stores in die Oos-Kaap. Hy het ook na die einde van die boekjaar die Macassar Shoprite verkry.

“Ons verwag ons huurders sal onder druk bly in ’n omgewing met lae ekonomiese groei en rentekoersdruk, en handelstoestande stram sal bly. Fairvest se huurders is in ’n laerisikoklas en met die verbeterde gehalte van ons portefeulje behoort ons sterk verdelingsgroei te handhaaf,” sê Wilder.

Meer oor:  Kleinhandeleiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.