Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Famous Brands se aandeel val ná nuus oor verlies
'n Foto van Gourmet Burger Kitchen se Instagram-rekening van een van sy burgers.

Famous Brands gaan byna ’n miljard van sy Britse burgerrestaurantgroep afskryf.

Die waarde van Gourmet Burger Kitchen (GBK) gaan met R874 miljoen voor belasting of R760 miljoen ná belasting afgeskryf word.

Die maatskappy het reeds voorheen gewaarsku dat Gourmet Burger Kitchen se bedryfsverlies gaan styg tot nagenoeg £2,6 miljoen, byna 200% meer as vir dieselfde tydperk in 2017.

Ondanks die afskrywing verwag die maatskappy, wat ook onder meer Steers, Wimpy en Mugg & Bean besit, dat sy wesensverrdienste gaan styg.

Die groep se basiese wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 3% en 14% tot tussen 175c en 194c per aandeel styg. Wesensverdienste sluit nie afskrywings in nie en weerspieël die maatskappy se bedryfsprestasie.

Die basiese verlies per aandeel gaan na verwagting tussen 566c en 623c beloop, teenoor 2017 se verdienste van 171c per aandeel. Dit sluit die uitwerking van die afskrywing in.

Die stygings is vir die halfjaar tot einde Augustus, waarvan die resultate na verwagting op 29 Oktober uitgereik gaan word.

Famous Brands se aandeelprys het net ná 10:30 6,49% laer op R95,38 gestaan.

Meer oor:  Wimpy  |  Famous Brands  |  Gourmet Burger Kitchen  |  Burgers  |  Restaurante  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.