Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Famous Brands se beursie toe vir Britse burgers
Een van Gourmet Burger Kitchen se restaurante.Foto: Argief

Famous Brands gaan geen verdere finansiële steun aan die sukkelende Gourmet Burger Kitchen (GBK) gee nie.

Die maatskappy het Donderdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê in die lig daarvan dat die Britse en Ierse owerhede opdrag gegee het dat restaurante in dié lande tot verdere kennisgewing moet sluit, het hy sy belegging in die groep “hersien” en besluit om alle finansiële steun aan die groep te staak.

Famous Brands waarsku in die handelsverklaring dat hy dus moontlik ’n waardevermindering vir die volle belegging in GBK sal rapporteer.

Famous Brands het GBK in 2016 vir R2,1 miljard gekoop.

GBK het egter reeds in 2018 groot verliese gely.

Dit is sedertdien in sakeredding geplaas, en minstens 14 takke is gesluit.

Verskeie redes is al gegee vir GBK se probleme: die trae Britse ekonomie, duur huurkontrakte wat verhuurders nie wou heronderhandel nie, en ook dat Britte al hoe meer kos aanlyn bestel eerder as om in restaurante te gaan eet. GBK se burgers, wat langer neem om te maak, leen hom ook nie tot kitsaflewering nie.

Brittanje het net soos Suid-Afrika, op 23 Maart ’n staat van inperking aangekondig.

Teen Donderdag was daar reeds 33 718 gevalle in dié land aangemeld van mense wat die koronavirus onder lede het. In Brittanje is reeds 4 244 mense dood weens Covid-19.

In Ierland is 3 447 mense besmet en 85 dood.

Famous Brands se aandeelprys op die JSE het Donderdag met net meer as 6% tot R25,51 gestyg nadat die aankondiging oor GBK gemaak is.

Meer oor:  Famous Brands  |  Burgers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.