Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Famous Brands wil Britse burgers red
Een van Gourmet Burger Kitchen se restaurante in die Verenigde Koninkryk.

Gourmet Burger Kitchen (GBK), die Britse burgerrestaurantgroep, gaan om ’n vrywillige maatskappy-reëling, oftewel sakeredding aansoek doen.

Die Suid-Afrikaanse restaurantgroep Famous Brands het GBK in 2016 vir R2,1 miljard gekoop.

Famous Brands het op 15 Oktober gesê hy gaan byna R1 miljard van GBK afskryf.

Die waarde van GBK gaan met R874 miljoen voor belasting of R760 miljoen ná belasting afgeskryf word.

Die maatskappy het reeds voorheen gewaarsku dat GBK se bedryfsverlies in die ses maande tot einde Augustus tot nagenoeg £2,6 miljoen, byna 200% meer as vir dieselfde tydperk in 2017, gaan styg.

Famous Brands se beleggers hou klaarblyklik van dié plan.

Die maatskappy se aandeelprys het Woensdag kort ná die aankondiging met bykans 4% tot R103,57 op die JSE gestyg.

GBK is in 2001 gestig en het tans meer as 90 restaurante oor die hele Brittanje.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.