Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fedusa dank sy hoof af oor transaksie

Dennis George, wat al van Februarie af geskors is, is Vrydag deur die vakbondfederasie Fedusa oor die transaksie met die genoteerde tegnologiemaatskappy Ayo se aandele afgedank.

Dennis George, voormalige sekretaris-generaal van Fedusa. Foto: Craig Nieuwenhuizen

George sê in reaksie op sy afdanking hy glo daar is steeds voordele vir Fedusa om die aandele in Ayo op te neem.

Fedusa se nasionale uitvoerende raad het besluit om George af te dank ná ’n vergadering wat plaasgevind het om die aanbevelinge te oorweeg oor ’n interne ondersoek oor George en die aandele in Ayo.

Die raad het “eenparig besluit om George af te dank gegrond op die bevindinge van ernstige wangedrag”.

George sê Maandagoggend in ’n verklaring die vakbondfederasie kan steeds die 11 miljoen Ayo-aandele opneem wat in ’n maatskappy genaamd Difeme gehou word.

George is die enigste direkteur van Difeme, toon die registrateur van maatskappye se inligting.

Die aandele is sowat R120 miljoen werd.

George sê die aandele is in ’n maatskappy geplaas omdat Fedusa nie ’n beleggingsmaatskappy het om dit in te hou nie. Hy ontken dat hy van voorneme was om persoonlik voordeel te trek uit die aandele.

“My motivering was eenvoudig dat die aandele Fedusa se affiliale sal help om werkers se betrokkenheid in die ekonomie te bou en dat die affiliale finansieel versterk sal word en dat werkers verteenwoordiging op die direksie van die grootste swart ITK-maatskappy in die land kry,” sê hy.

Lees ook: Fedusa ondersoek grootbaas oor Ayo-belegging

Volgens hom word misleidende inligting oor sy rol in die transaksie versprei. Hy sê hy was net ’n fasiliteerder in die transaksie.

Fedusa het voorheen ontken hy het ’n mandaat verskaf dat die aandele gekoop moet word.

George is ’n nie-uitvoerende direkteur in Ayo se direksie.

Die finansiering wat Ayo van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gekry het, word die afgelope maande by die kommissie van ondersoek oor die OBK bekyk.

Die kommissie ondersoek beweringe van misdrywe by die batebestuurder wat R2 200 miljard se beleggings namens staatsamptenare se pensioenfonds bestuur.

Die OKB het R4,3 miljard in Ayo belê toe hy genoteer het deur 29% van sy aandele te koop. Dit het die maatskappy op R14,8 miljard waardeer.

Die aandeelprys het sedertdien gedaal van die prys waarteen dit genoteer het van R43 per aandeel tot R10,99 per aandeel.

Ayo se voormalige beleggingshoof Abdul Malick Salie het verlede week getuig dat die maatskappy se waardasie dit laat voorkom het of hy meer werd is voor sy notering. - Fin24

Meer oor:  Fedusa  |  Openbare Beleggingskorporasie (Obk)  |  Ayo  |  Dennis George  |  Bedrog  |  Vakbonde  |  Obk-Ondersoek  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.