Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fedusa ondersoek grootbaas oor Ayo-belegging

Die vakbondfederasie Fedusa het Dennis George, sy hoofsekretaris, op spesiale verlof geplaas hangende ’n ondersoek na die transaksie waarin die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) R4,3 miljard se aandele in Ayo Technology Solutions gekoop het.

Dennis George (links), hoofsekretaris van Fedusa.

George is ’n nie-uitvoerende direkteur van Ayo.

Fedusa het dié aankondiging Woensdag in Roodepoort, Johannesburg, gemaak.

Die belegging in Ayo, met dr. Iqbal Survé van Independent Media as hoof, is ’n fokuspunt van die ondersoek na gebeure by die OBK.

Regter Lex Mpati staan aan die hoof van dié kommissie van ondersoek.

Die joernalistieke ondersoekeenheid amaBhungane het onlangs berig dat George moontlik deur die maatskappy Difeme Holdings persoonlik voordeel uit die belegging getrek het.

Difeme het voornoteringsaandele van Ayo teen R1,50 elk gekoop.

Ondanks die belegging het die OBK R43 per aandeel betaal. Die aandele verhandel nou teen R19 op die JSE.

Fedusa sê hy het nooit “enige mandaat vir die koop van aandele namens die vakbondfederasie in enige maatskappy” gegee nie.

George het in reaksie op amaBhungane se artikel getwiet die eenheid “sal met sy prokureurs moet praat”.

Victor Seanie, voormalige assistentportefeuljebestuurder van die OBK, het in die laaste week van Januarie voor die komitee getuig hoe Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof, sy posisie gebruik het om te verseker die belegging word gedoen.Die staatspensioenfonds is die OBK se grootste kliënt.

Fin24, verwerk

Meer oor:  Obk  |  Dennis George  |  Fedusa  |  Staatsamptenare  |  Obk-Ondersoek  |  Gepf  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.