Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fiat, Renault smelt dalk saam

Fiat Chrysler wil met Renault saamsmelt, ’n stap wat die wêreld se derde grootste motorvervaardiger – ná Toyota en Volkswagen – sal skep.

Jeep is ook in die Fiat Chrysler-stal.

Fiat en Renault sal elkeen ’n belang van 50% in ’n Nederlandse beleggingsbeheerfirma hou, het Fiat Maandag in ’n verklaring gesê.

Geen fabrieke sal weens die samesmelting gesluit word nie.

Exor, die beleggingsbeheerfirma van die Agnelli’s, die stigtersfamilie van Fiat, sal die grootste enkele belegger in die gekombineerde firma wees.

Renault se direksie vergader Maandag om oor die voorstel te besluit.

Die samesmelting gaan na verwagting sowat €5 miljard per jaar danksy sinergieë bespaar.

Renault en Fiat se gekombineerde markwaarde is nagenoeg €32,6 miljard.

Nissan en Mitsubishi, met wie Renault nou al 20 jaar lank in ’n vennootskap is, is nie by die gesprekke betrek nie.

Sowel Fiat as Renault is deur moeilike tye. Sergio Marchionne, Fiat se voormalige uitvoerende hoof, is verlede jaar dood. Carlos Ghosn, voorsitter van die Nissan-Renault-vennootskap, is in Japan vir finansiële misdade verhoor.

Die maatskappye maak saam sowat 8,7 miljoen motors. Die gesamentlike groep sal Hyundai en General Motors vir die derde plek verbysteek, maar sowel Volkswagen as Toyota maak meer as 10 miljoen motors per jaar. – Bloomberg

Meer oor:  Renault  |  Fiat Chrysler  |  Fiat  |  Nissan  |  Motorvervaardiging  |  Motors  |  Motorvervaardigers  |  Motorverkope  |  Motorverkoopsyfers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.