Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fiefie mag nou vlieg, maar Rex moet bly!

Lift, Suid-Afrika se jongste lugdiens, het Maandag aangekondig dat honde nou saam met hul eienaars in vliegtuigkajuite mag vlieg. Dit geld egter net klein honderasse.

honde
Baie oulikies – maar om hom saam te vlieg Goudstad toe, gaan jou ’n geldjie kos! Foto: Unsplash

Van die hondjies wat mag saamvlieg, is Jack Russells, Chihuahuas, Maltese en Yorkshire-terriërs.

Dit is die eerste plaaslike lugdiens wat honde in kajuite in ’n troeteldier-vriendelike drasak toelaat.

Luidens die lugdiens se verklaring sal die drasak onder die sitplek voor die honde-eienaar geplaas word. Daar sal ook spesifieke vlugte wees wat honde so sal toelaat.

Honde moet minstens 10 weke oud wees en in ’n drasak van 28 cm x 20 cm x 45 cm kan pas.

Die eienaars sal egter ’n ekstra sitplek vir hul klein hondjie moet bespreek. Die diens is net beskikbaar op vlugte tussen Kaapstad en Johannesburg, en ook net op sekere vlugte.

Die koste van die hondvriendelike bespreking (afgesperde sitplek) is gelyk aan die tarief vir ’n volwassene.

“Lift is buigsaam wat ons passasiers se veranderende behoeftes betref. Ons skakel gereeld met kliënte om uit te vind hoe ons kan verbeter, en een van die opvallende versoeke was dat sommige mense hul troeteldiere saam met hulle in die kajuit wou hê,” het Jonathan Ayache, medestigter van Lift, gesê.

Jonathan Ayache van Lift. Foto: Verskaf

Volgens Ayache hoef passasiers wat nie saam met honde op ’n vlug wil reis nie, nie bekommerd te wees nie. “Slegs ’n beperkte aantal honde mag op sekere vlugte in kajuite reis en mense wat met hul honde reis, sal ’n ekstra sitplek in ’n spesifieke area van die kajuit moet bespreek.”

Die vlugte waarop honde toegelaat word, asook die areas en sitplekke waar eienaars met honde kan sit, is op die lugdiens se webwerf beskikbaar.

Besprekings moet minstens 72 uur voor vertrek gedoen word, en dokumente soos volledige inentingsertifikate en ’n brief van die veearts oor die welstand van die hond moet byderhand wees.

Die reëls vir dienshonde verskil van dié vir troeteldiere in die kajuit. Dienshonde, waaronder emosioneel ondersteunende honde en psigiatriese honde, mag gekwalifiseerde reisigers met gestremdhede in die kajuit vergesel.

Meer oor:  Lift  |  Vlugte  |  Honde  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.