Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FirstRand belowe vergoeding sal verklaar word

FirstRand het belowe om eersdaags in sy jaarverslag meer inligting te verskaf oor hoe sy topbestuur gemeet en vergoed word.

Aandeelhouers vereis dat FirstRand meer deursigtig moet wees in terme van vergoeding en bonusse vir die onderneming se topbestuur.

Die moedermaatskappy van onder meer FNB, WesBank, RMB en Ashburton Investments het Donderdag met ’n groep aandeelhouers vergader wat byna 39% van die maatskappy se aandele besit.

Dit kom nadat meer as ’n kwart van die aandeelhouers op 30 November op die maatskappy se jaarvergadering teen die maatskappy se vergoedingsbeleid en -verslag gestem het.

Die stemmery oor ’n maatskappy se vergoedingsbeleid is ’n nie-bindende stem, maar maatskappye moet ingevolge die King IV-verslag oor korporatiewe beheer die goedkeuring van minstens 75% van die aandeelhouers wat op die jaarvergadering teenwoordig is, verkry.

Al hoe meer maatskappye – onder meer Woolworths, Discovery, Grand Parade Investments en Naspers – het verlede jaar ’n groot persentasie stemme teen hul vergoedingsbeleid gekry. Dikwels is dit nie die bedrag van die vergoeding wat beleggers ongemaklik maak nie, maar die gebrek aan deursigtigheid oor hoe op verhogings en bonusse besluit word.

In ’n verklaring wat Vrydag op Sens uitgereik is, sê hy Roger Jardine, voorsitter van FNB se direksie, en Grant Gelink, voorsitter van die direksie se vergoedingskomitee, het die telekonferensie met beleggers gelei. Vrae het gewentel oor die verband tussen prestasie en vergoeding, die diskresie van die vergoedingskomitee en in watter mate die vestiging van bonusse voorwaardelik is.

Die volgende jaarverslag, vir die boekjaar tot einde Junie, sal meer besonderhede gee oor die vrae.

Altesame 74,2% van aandeelhouers het op 30 November die maatskappy se vergoedingsbeleid goedgekeur en 74,39% het die verslag oor die inwerkingstelling van vergoeding goedgekeur.

Meer oor:  Rmb  |  Wesbank  |  Fnb  |  Firstrand  |  Vergoeding  |  Bonusse  |  Aandeelhouers  |  Salarisse  |  Banke  |  Sakelui  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.