Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FirstRand sê ekonomie herstel beter as verwag

Die FirstRand-groep sê die ekonomie het die afgelope maande sedert die begin van die jaar vinniger herstel as wat aanvanklik verwag is.

FirstRand besit onder meer FNB.

Dit lei tot minder agterstallige lenings.

FirstRand Bank, wat FNB, WesBank en RMB insluit, dra die grootste deel van die groep se inkomste by.

“Die groep sien egter in Suid-Afrika ’n ekonomiese herstel wat vinniger is as wat aanvanklik verwag is, wat tesame met goeie skuldinvordering tot baie laer afskrywings van slegte skuld gelei het as wat verwag is. Die agterstallige skuld het verminder en niepresterende lenings neem minder toe as verwag,” sê die groep.

“Gegewe die verbetering in die kredietkoste, ervaar die groep nou ’n sterker tweede helfte as verwag.”

Die res van die inkomstestaat is min of meer soos voorheen aangedui.

Die netto rente-inkomste is op ’n soortgelyke vlak as die eerste helfte en gaan effens styg jaar tot jaar.

Die nierente-inkomste is laer as die eerste helfte omdat laer volumes transaksies in Januarie en Februarie gedurende die inperking ervaar is vergeleke met wat in Desember beleef is. Die inkomste uit transaksiekoste het in April en Mei verhoog.

Die kredietverlening het onder druk gebly en toon die groep se versigtige aptyt vir risiko.

Die groep verwag dat sy kernwins en wins per aandeel met meer as 35% in die boekjaar tot einde Junie gaan styg.

Meer oor:  Fnb  |  Firstrand  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.