Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FirstRand volgende teiken vir aktiviste

FirstRand is die volgende bankgroep in die visier van die aandeelhouer-aktivistegroep Just Share.

Theo Botha
Die bekende aandeelhoueraktivis Theo Botha.

Just Share en die Raith-stigting het verlede week ’n resolusie by FirstRand ingedien met die versoek dat FirstRand-aandeelhouers op die bankgroep se jaarvergadering op 28 November in Johannesburg daaroor moet stem.

Die resolusie vra dat FirstRand eerliker moet wees oor hoe blootgestel hy aan klimaatsrisiko’s is, en dat hy ’n beleid moet formuleer waarvolgens hy besluit oor lenings aan fossielbrandstof-verwante projekte.

Just Share vra dat dié beleid openbaar gemaak moet word.

Tracy Davies
Tracey Davies, uitvoerende direkteur van die aandeelhouer-aktivistegroep Just Share.

Dit is dieselfde soort resolusie wat hy vroeër vanjaar aan Standard Bank voorgelê het vir stemming op sy jaarvergadering op 30 Mei. Dié resolusie is voorgestel deur die Raith-stigting en die bekende aandeelhoueraktivis Theo Botha, met steun van Just Share.

Standard Bank het in Julie sy beleid oor lenings aan steenkoolkrag-projekte bekend gemaak. Die bank het toe gesê hy werk nog aan ’n leningsbeleid oor steenkoolmynbou.

Tracey Davies, uitvoerende direkteur van Just Share, meen egter Standard Bank se beleid oor lenings aan steenkoolkragstasies kan as teleurstellend beskou word.

Die riglyne in die beleid vereis aansienlike tegniese kundigheid, waaroor die meeste aandeelhouers nie sal beskik nie, meen Davies. Boonop sluit Standard Bank dit nie heeltemal uit dat hy nuwe steenkoolkragstasies sal finansier nie. Hy lê eerder minimum vereistes daarvoor neer. Hiervolgens sal Standard Bank steeds geld uitleen vir ultramoderne steenkoolkragstasies wat uiters doeltreffend is. Kleiner kragstasies wat minder doeltreffend is, sal slegs vir lenings kwalifiseer as hulle in minder ontwikkelde lande is.

Meer oor:  Standard Bank  |  Firstrand  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.