Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fitch positief oor SA banke

In teenstelling met onlangse afgraderings van Suid-Afrika se staatskuld en van ’n reeks staatsondernemings, het die groot vyf Suid-Afrikaanse banke darem kredietgraderingsagentskappe se hart gesteel.

banke
Fitch Ratings het vyf Suid-Afrikaanse banke se kredietgraderings opgegradeer en hul vooruitsig is stabiel. Foto: Argief

Die kredietgraderingsagentskap Fitch Ratings het Dinsdag die nasionale langtermyngradering van sowel Absa as FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank opgegradeer van AA na AA+.

Dit impliseer Fitch meen dit is vir buitelandse beleggers beter en veiliger om geld aan die Suid-Afrikaanse banke te leen as aan die staat of die staatsondernemings soos Eskom.

Fitch het in November Suid-Afrika se staatskuld van BB na BB- afgegradeer.

Fitch verduidelik hy meen die banke se kredietwaardigheid het verbeter relatief tot die nasionale gradering. Die banke het aansienlike beweegruimte om die huidige druk op hul bedryfsomgewing te kan hanteer.

Fitch hou vol die banke se bestuur en strategie en hul risiko-aptyt is steeds sterk punte en dat hul kapitaalverhouding ’n groot genoeg buffer skep te midde van reguleringsvereistes en druk op hul verdienstes.

Die plaaslike banke het ’n sterk grondslag van plaaslike deposante (gewone bankkliënte wat hul geld by die bank het) en is minder afhanklik van eksterne finansiering, sê Fitch.

Vergeleke met sy negatiewe vooruitsig op die staat en staatsondernemings se graderings, het Fitch ’n stabiele vooruitsig vir die vyf banke. Dit beteken hy glo nie die banke se kredietwaardigheid sal binne die volgende jaar of twee verander nie, selfs as die staat se eie skuld verder afgegradeer word.

Fitch meen hy kan die banke opgradeer na AAA as hul goed presteer terwyl ander plaaslike finansiers toenemende druk ervaar.

Die banke se aandeelpryse het Woensdag meestal positief gereageer op Fitch se mosie van vertroue. Nedbank het die meeste daarby gebaat en was Woensdagmiddag byna 5% sterker op R130. Standard Bank was byna 2% sterker op die JSE op R129.

FirstRand het met 1,2% tot R51,40 gestyg. Absa en Investec was net effens sterker op onderskeidelik R121,17 en R34,93.

Die bankindeks op die JSE was 1,4% sterker en die breër finansiële indeks het met 1,2% geklim.

Meer oor:  Fitch  |  Absa  |  Standard Bank  |  Investec  |  Nedbank  |  Firstrand  |  Banksektor  |  Kredietgradering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.