Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Flight Centre juig oor SAL-nuus

Die reisagentskap Flight Centre was Vrydag vinnig uit die blokke om die nuus oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te verwelkom.

Andrew Stark, besturende direkteur van Flight Centre. Foto: Verskaf

Andrew Stark, besturende direkteur, sê die feit dat ’n private konsortium die meerderheidsbelang in die SAL koop, is veral vir reisigers goeie nuus.

“Ons verwelkom die aankondiging oor die pad vorentoe vir die SAL as ’n volhoubare en mededingende lugdiens wat nie meer van die fiskus afhanklik sal wees nie.”

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het die aankondiging Vrydagoggend gedoen.

LEES OOK: SAL: Konsortium koop 51%, pomp R3 mjd. in

Stark het sy steun toegesê aan Gidon Novick, uitvoerende hoof van die Takatso-konsortium. Novick is ’n ou hand in die lugvaartbedryf, onder meer as stigter van Kulula namens Comair.

“Gidon bring saam met die SAL-span jare se ervaring van leierskap en in lugvaart,” sê Stark.

“Vir die SAL om ’n plaaslike vennoot te hê, beteken dat die nasionale entiteit steeds deur Suid-Afrikaners besit en bestuur word. Dít is na ons mening ’n fantastiese en welkome ontwikkeling.

“Vir Suid-Afrikaanse reisigers is dit ook goeie nuus, want daar bly keuses as dit kom by plaaslike, streeks- en internasionale vlugte.”

Flight Centre
Een van Flight Centre se takke. Foto: Twitter

Volgens Stark kom die stap deur die regering ook op die regte tyd met dié dat verskeie internasionale lugdienste hul vlugte na Suid-Afrika hervat.

Hy verwys na United Airlines, British Airways en Virgin Atlantic, wat onlangs aangekondig het vlugte na en van Suid-Afrika is reeds hervat of gaan binnekort weer beskikbaar wees.

Stark sê meer opsies om van te kies as dit kom by kaartjies en lugdienste, beteken ook beter pryse vir Flight Centre se kliënte.

“Meer lugverkeer beteken groter keuses vir die Suid-Afrikaanse reisigers, wat tydens die pandemie met baie min opsies van vlugte en hoë pryse moes klaarkom.

“Ons wil Gordhan, Novick en alle ander rolspelers wat deel is van die proses, gelukwens.”

Meer oor:  Takatso  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Reis  |  Toerismebedryf  |  Vlugte  |  Lugdienste  |  Staatsondernemings  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.