Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Flight Centre verkoop weer SAL-kaartjies
Flight Centre verkoop weer kaartjies van SAL. Foto: Bloomberg

Flight Centre verkoop nou weer die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se vliegkaartjies.

Die reisagent het Vrydagmiddag aangekondig sy voorkeurreisversekeringsverskaffer, Travel Insurance Consultants (TIC), het Vrydag gesê hy sluit die SAL dadelik weer in onder dekking vir reisvoorsiener-bankrotskap.

Geen redes is gegee oor waarom TIC nou skielik weer sy deuntjie verander nie, maar dit kom nadat die SAL se sakereddingspraktisyns twee weke gelede laat weet het die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het finansiering van R3,5 miljard verskaf vir die sakereddingsproses.

Dit het gevolg op hul aankondiging dat nog ’n reeks vlugte gekanselleer en gekonsolideer word om koste te bespaar. Die sakeredders het ook gewaarsku personeelvermindering by die lugdiens is straks onafwendbaar, hoewel hulle sal probeer om dit tot die minimum te beperk.

Flight Centre het op 28 November verlede jaar aangekondig hy gaan nie meer SAL-vliegkaartjies verkoop nie nadat TIC besluit het hy dek nie meer SAL-vliegkaartjies onder sy bankrotskapdekking nie. Bykans ’n week later het die regering aangekondig dat die SAL in sakeredding geplaas word.

Flight Centre het Vrydag bevestig al sy handelsname, wat insluit Flight Centre Travel Group, FCM Travel Solutions, Corporate Traveller, Flight Centre Business Travel, Cruiseabout en Flight Centre Associates, sal nou weer SAL-kaartjies aan sy kliënte verkoop.

Flight Centre se aanvanklike besluit in November het ’n beroering onder die res van die reisagentbedryf veroorsaak, met ander reisagente wat ook oorweeg het om nie meer SAL-kaartjies te verkoop nie.

Die regering het vroeër gekla hy wil ingryp om te keer dat die SAL binnelandse vlugte kanselleer. Dit was nadat die sakeredders besluit het die SAL staak alle binnelandse vlugte behalwe die roete tussen Kaapstad en Johannesburg. Die laekostefiliaal Mango het die ander roetes oorgeneem.


Meer oor:  Sal  |  Flight Centre  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Maatskappye  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.