Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FlySafair hou die middelste sitplek oop, maar...
FlySafair sal weer van 15 Junie af vlieg.

Ja, jy kan aandring dat die middelste sitplek op ’n FlySafair-vlug oopgehou word om só te keer dat jy té naby aan ’n ander passasier sit, maar jy gaan daarvoor moet betaal.

FlySafair sê in ’n verklaring dat dié opsie nou beskikbaar is wanneer vlugte bespreek word.

Daar word op die webwerf se veiligheidsmaatreëls om die verspreiding van die Covid-19-virus te keer, nie enige koste gemeld wat met dié opsie verband hou nie.

Kirby Gordon, verantwoordelik vir verkope en verspreiding by FlySafair, het egter aan Tourism Update bevestig dat dit ’n passasier R750 ekstra uit die sak gaan jaag as hy/sy die sitplek wil oophou.

Die bedrag is dieselfde ongeag in watter klas gevlieg word.

Gordon sê gewoonlik sal FlySafair eers die middelste sitplek oophou wanneer besprekings vir ’n vlug gemaak word. Sou daar later meer sitplekke benodig word, dan sal dié sitplekke ook ingesluit word.

Gordon sê dit is steeds veel goedkoper om die R750 vir die oop sitplek te betaal as wat dit sou wees om ’n tweede kaartjie te koop.

Tourism Update berig dat luidens Brian Pearce, hoofekonoom van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), as lugdienste nié die middelste sitplekke vul nie, dan sal die maksimum kapasiteit op ’n vlug tot net 66% daal. Hy sê ’n vlug moet 70% vol bespreek wees voordat dit finansieel die moeite werd is. Lugdienste sal dus vlugte teen ’n verlies bedryf indien hulle nié op ’n manier ’n inkomste genereer om vir die laer volumes op te maak nie.

Ander veiligheidsmaatreëls wat FlySafair tref is dat alle passasiers maskers móét dra, hulle word van handreiniger voorsien, en daar is ’n streng beleid aan boord dat niemand aan mekaar mag raak nie.

Hul koors sal ook gemeet word, en passasiers moet die nodige dokumente by hulle hê wat bewys dat hulle vir sake reis.

Op vlak 3 van die inperking mag daar nét vir sake gevlieg word.

FlySafair se inbelsentrum sal op 8 Junie oopmaak.

Hy sal weer van 15 Junie af binnelands vlieg.

Meer oor:  Flysafair  |  Covid-19  |  Vlieg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.