Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FlySafair gereed om in Junie te vlieg
FlySafair wil bedrywighede teen middel Junie hervat.

FlySafair beplan om teen Junie 20 tot 26 vlugte per dag te bedryf.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Saterdag aangekondig dat binnelandse vlugte vir sakeredes reeds van vlak 3 van die inperking toegelaat sal word.

Mbalula sê ’n beperkte getal vlugte per dag sal toegelaat word. Beperkings sal afhang van die redes waarvoor daar gereis word en van die gesondheidsdienste wat by lughawens beskikbaar is.

FlySafair sê in ’n verklaring nadat dié aankondiging gemaak is, dat hy dienste op 15 Junie sal hervat.

“Ná ’n paar maande van hibernasie, is ek bly om te sê dat ons bedrywighede in die komende weke sal hervat,” sê Kirby Gordon, bemarkingshoof van FlySafair.

Die regering sal lughawens in drie fases oopmaak.

In fase 1 sal net sakereise toegelaat word, vanaf die O.R. Tambo- en Lanseria-lughawe in Gauteng, King Shaka-lughawe in KwaZulu-Natal en Kaapstad-lughawe in die Wes-Kaap.

In fase 2 sal die volgende lughawens weer hul deure oopmaak: Kruger Mpumalanga, Polokwane en Bram Fischer (Bloemfontein).

In fase 3 sal lughawens in Kimberley, Upington, Mthatha, Oos-Londen en Port Elizabeth weer oopgemaak word.

FlySafair sê hy sal die volgende roetes gedurende fase 1 bedryf:

  • O.R. Tambo na Kaapstad;
  • O.R. Tambo na King Shaka;
  • Kaapstad na King Shaka;
  • Lanseria na Kaapstad; en
  • Lanseria na King Shaka.

Die vlugte na en van Lanseria gaan daarvan afhang of die departement van vervoer goedkeuring daarvoor gee.

Die lugdiens sê hy sal skedules beskikbaar maak nadat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika en die lugverkeer- en navigasiediens hul goedkeuring gegee het.

Die lugdiens sê hy gaan moontlik nié Saterdae vlugte bied nie.

FlySafair sê hy het die nodige maatreëls getref om aan gesondheids- en veiligheidsvereistes te voldoen. Dit sluit in dat vliegtuie daagliks skoongemaak word, passasiers en bemanning se koors geneem word en dat die dra van maskers verpligtend is. Passasiers en bemanning word ook aangeraai om nie aan mekaar te raak nie.

Kliënte het ook die opsie om die middelste sitplek in ’n ry te versper.

“Ons is steeds bekommerd oor hoe om die uitvoerbaarheid om die lugdiens onder die voorgeskrewe beperkings te bedryf, maar ons kan ons personeel nie langer onbetaald laat nie, en ons voel verplig om ons deel te doen om die Suid-Afrikaanse ekonomie te heropen,” sê Gordon.

– Fin24

Meer oor:  Flysafair  |  Fikile Mbabula  |  Vlak 3  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.