Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FNB gaan méér takke oopmaak

Terwyl sommige banke takke sluit, is daar nou minstens drie wat méér takke oopmaak.

Lee-Anne van Zyl. Foto: Elvira Wood

FNB sê Dinsdag in ’n verklaring hy wil voor die einde van die huidige boekjaar sewe nuwe takke oopmaak.

Dié takke sal in die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en die Wes-Kaap wees.

Lee-Anne van Zyl, uitvoerende hoof van punte van teenwoordigheid by FNB, sê sowat 1,6 miljoen kliënte besoek die bank se takke op ’n maandelikse grondslag, veral om selfdienspunte te gebruik.

“Ons bied kliënte ’n wyer keuse hoe hulle met die bank kan skakel aangesien ons verstaan dat hul behoeftes verskil,” sê sy.

“Die taknetwerk is ’n baie belangrike deel van ons reeks platforms, wat die app, aanlyn en selfoondienste, die inbelsentrum en bankiers insluit.

“Ons het ons arbeidsmag vergroot en huidige werknemers opgelei om kliënte met behulp van tegnologie te ondersteun,” sê sy.

Benewens die nuwe takke, gaan FNB 29 van sy ander takke opfris. Die nuwe takontwerp integreer selfdiens en persoonlike diens.

Nog twee banke, Capitec en Nedbank, het onlangs gesê dat takke ’n belangrike rol speel, selfs al is daar ’n toename in die gebruik van digitale bankdienste.

Standard Bank het egter vroeër vanjaar 104 van sy takke gesluit. Die bank het verduidelik dat dit juis kliënte is wat eerder digitale dienste gebruik as om takke te besoek, wat hom dié besluit laat neem het.

Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.