Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FNB gaps ‘gratis geld’ weer uit rekeninge
Een van FNB se takke in Johannesburg. Foto: Getty Images

Nee, FNB het nie oornag vir jou ’n lekker meevallertjie in jou bankrekening gelos nie.

Die bank het Woensdag bevestig dat daar ’n fout met “sommige” van sy kliënte se banksaldo’s ingesluip het, wat dit vir ’n oomblik laat lyk het of hulle meer geld beskikbaar het.

FNB-kliënte het Dinsdag op sosiale media gegons dat hulle skielik “gratis geld” ontvang het. Dié was egter nie ’n vrygewige stap deur FNB nie, maar eintlik weens ’n fout met sy bankstelsels.

In ’n verklaring Woensdag sê die bank die verkeerde saldo’s is veroorsaak weens ’n vertraging in die verwerking van debietkaartaankope deur die betrokke kliënte.

Dit beteken effektief die kliënte se banksaldo’s was steeds dieselfde as voor hulle sekere aankope gemaak het, wat dit laat lyk het of daar skielik “gratis geld” bygevoeg is.

Daniel Kaan van FNB se afdeling vir transaksionele sake, het aan Fin24 gesê die bank sal direk met al die betrokke kliënte kommunikeer.

“FNB vra om verskoning vir die ongerief.”

Die bank het nie aangedui wat gebeur in gevalle waar kliënte reeds die geld uitgegee het wat hulle nie werklik gehad het nie.

Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankdienste  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.