Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FNB help met skuld én data
Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB.Foto: Elvira Wood

Kliënte van FNB wat tot nou toe hul finansiële verpligtinge met dié bank nagekom het, kan nou vir hulp in aanmerking kom as hulle nadelig beïnvloed word deur die Covid-19-pandemie.

Die bank het net soos Standard Bank, Absa en Nedbank, Maandag verskeie maatreëls aangekondig oor hoe hulle individue asook sakeondernemings sal bystaan.

Vanaf 1 April kan kliënte vir onder meer ’n betaalvakansie van drie maande in aanmerking kom.

Die maatreëls wat die bank beskikbaar stel, sluit in:

  • ’n Deel van of geen terugbetaling van paaiemente;
  • ’n Voorkeurtarief op maatreëls wat weens die Covid-19-pandemie ingestel word;
  • Geen fooie sal gehef word vir maatreëls wat getref word nie;
  • Waar moontlik sal hulp verleen word met die verwerking van kredietversekeringseise; en
  • Vir diegene wat dit nodig het, sal geïndividualiseerde oorbruggingsgeriewe verskaf word.

Die bank waarsku egter dat rente en fooie op uitstaande saldo’s sal ophoop.

Kliënte kan die bank se bestaande digitale kanale gebruik om aansoek te doen vir dié maatreëls.

Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, het voorheen reeds aan Netwerk24 gesê hoe gouer kliënte met die bank in verbinding tree oor hoe om hul geldsake gedurende die Covid-19-pandemie te hanteer, hoe beter.

LEES OOK: Skuld: Praat met jou bank voordat dit te laat is

Celliers sê Maandag in 'n telefoniese onderhoud met Netwerk24 dat hulle verwag dat aansoeke vir dié hulppakkette teen April gaan begin instroom.

"In Maart het mense nog salarisse gehad. Teen April gaan sake waarskynlik beduidend verander," voorspel hy.

Celliers verduidelik dat hoewel die bank self kliënte geïdentifiseer het aan wie hy hulp aanbied, kan enige kliënt aansoek doen daarvoor.

"Kliënte sal sien daar is nou 'n nuwe skakel op die bank se app wat vir dié doel geskep is," sê hy.

Buiten vir dié maatreëls, gaan FNB ook afstand doen van verhuringskoste van Speedpoint-toestelle. Dit is veral vir maatskappye wat gedurende die grendeltydperk nié sake kan doen nie.

Sommige handelaars wie se banksake tot dusver in orde is, maar wat bedrywig is in ’n sektor wat onder druk is, sal ook nie ’n minimum fooi hoef te betaal nie.

Die bank sê in ’n verklaring dat hy in April 1 GB se data aan individue en sakekliënte sal gee, wat op FNB Connect geregistreer is.

“Ons werk ook saam met bedryfsvennote om te verseker dat kliënte enige bank se kitsbanke kan gebruik sonder om ekstra fooie te betaal bo en behalwe die gelde wat hul bank hef.”

Meer oor:  Fnb  |  Jacques Celliers  |  Betaalvakansie  |  Covid-19  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.