Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FNB se naam die meeste werd van alle banke in SA

FNB word beskou as die bank met die waardevolste handelsnaam in Suid-Afrika, het Brand Finance se jongste verslag bevind.

FNB is SA se waardevolste bank gegrond op die waarde van sy handelsnaam. Foto: Getty Images

Dié marknavorser stel jaarliks ’n lys saam van die 500 waardevolste banke ter wêreld gegrond op handelsnaamwaarde.

Hoewel FNB maar 146ste op die 2020-lys is, is hy steeds die plaaslike bank wat die hoogste op die lys is.

Absa is in die 152ste plek.

Die meeste Suid-Afrikaanse banke het egter veld verloor op dié internasionale ranglys – tot soveel as 27 plekke. Rand Merchant Bank het byvoorbeeld van die 371ste plek in 2019 tot 398ste geval.

WesBank was in 2019 in die 457ste plek, maar het vanjaar heeltemal van die lys verdwyn.

Nedbank, Investec en Capitec het veld gewen en het onderskeidelik 11, ses en 24 plekke op die lys geklim.

Die top-10 banke met die waardevolste handelsname is almal in China en Amerika.

Die Chinese bank ICBC is weer die waardevolste bank gegrond op die waarde van sy handelsnaam. Hy word gevolg deur China Construction Bank.

Amerika se Wells Fargo beklee die vyfde plek gevolg deur Bank of America.

Sterkste handelsnaam

Wat betref die sterkte van die handelsname, is Capitec nou op twee na die sterkste handelsnaam in die wêreldwye bankbedryf.

Die sterkte van ’n maatskappy se handelsnaam word bepaal deur te kyk na verskeie faktore wat insluit hoe lojaal die bank se kliënte is en waarmee die handelsnaam vereenselwig word.

Dit is teenoor die waarde van die handelsnaam wat eenvoudig gegrond is op die finansiële waarde daarvan (met ander woorde hoeveel die bank aan ’n persoon of entiteit kan vra wat sy handelsnaam wil oorkoop).

Capitec is nou derde op Brand Finance se lys van die tien sterkste handelsname van banke.

FNB is die enigste ander Suid-Afrikaanse bank op dié lys en beklee die vierde plek.

FNB het ook getel onder die top-5 wat betref banke met die beste internetdienste en banke wat die beste waarde vir geld bied.

banke

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Standard Bank  |  Handelsname  |  Bankdienste  |  Tegnologie  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.