Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FNB skitter weer vir FirstRand
FNB se hoofkantoor in Fairlands, Johannesburg.Foto: Google Streetview

First National Bank (FNB) was die afgelope jaar weer die ster in FirstRand. Die bank het nou 8,15 miljoen kliënte, wat 4% meer is as ’n jaar tevore.

FirstRand het Donderdag sy resultate vir die jaar tot einde Junie op die JSE se nuusdiens, Sens, gepubliseer.

FirstRand se basiese verdienste per aandeel het met 8% tot R4,70 gestyg teenoor die vorige jaar.

Hy het ’n finale dividend van R2,75 vir die jaar verklaar.

FNB

FNB se genormaliseerde verdienste het met 16% tot R14,88 miljard gestyg.

Die bank sê in die verklaring FNB se kliënte hou nou selfs meer van sy app.

Die getal transaksies op dié platform het met 65% tot meer as 164 miljoen in die jaar gestyg.

Waar FNB ook goed gevaar het, was om kliënte te lok om huislenings uit te neem. Die waarde van dié lenings het met 9% tot R24,6 miljard gestyg teenoor ’n jaar tevore.

WesBank

Die een afdeling in die groep wat nie so goed gevaar het nie, is WesBank.

Dié afdeling, wat onversekerde lenings toestaan, se genormaliseerde verdienste het met 9% tot R3,6 miljard gedaal.

FirstRand sê die daling kan aan toenemende mededinging en laer volumes toegeskryf word.

Rand Merchant Bank en Aldermore

Rand Merchant Bank (RMB), die beleggingsbank in die groep, se verdienste het met 6% tot R7,3 miljard gestyg.

Aldermore, die Britse bank wat FirstRand op 1 April oorgeneem het, het ook reeds goeie resultate gelewer.

Dié bank het op 30 Junie vanjaar 238 000 kliënte gehad.

First Rand se aandeelprys het Donderdag 3,6% hoër teen R67,18 op die JSE verhandel.

Meer oor:  Wesbank  |  Fnb  |  Firstrand Bank  |  Rand Merchant Bank  |  Firstrand  |  Resultate  |  Maatskappye  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.