Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FNB stel ‘gratis’ rekening bekend

FNB het Donderdag sy Easy Zero-rekening aangekondig – ’n “volledige digitale bankrekening” waarop geen maandelikse tarief gehef word nie.

Die rekening kom ook met ’n bankkaart wat gratis vir aankope gebruik kan word.

Een van FNB se takke in Johannesburg. Foto: Getty Images

Om geld te onttrek of betalings na ander rekeninge te maak, is wel nie gratis nie, maar “baie kostedoeltreffend”, sê FNB in ’n verklaring.

“Ons is bewus van die finansiële druk op ons kliënte, en die Easy Zero-rekening is die antwoord,” sê Philani Potwana, hoof van FNB Easy.

Die bank het voorheen ’n soortgelyke produk, eWallet eXtra, bekend gestel. Die enigste verskil is nou dat kliënte van Easy Zero ook ’n bankkaart sal hê, wat nie die geval was met die eWallet nie.

Kliënte sal elke maand tot R1 500 kontant gratis in hul Easy Zero-rekening kan deponeer.

Geld kan ook maklik aan enigiemand met ’n Suid-Afrikaanse selfoonnommer gestuur word. Die ontvanger sal dit dan by enige FNB-kitsbank kan onttrek.

FNB se digitale bankdienste het reeds meer as 140 000 aktiewe kliënte sedert dit in April 2018 bekend gestel is.

Enigiemand met ’n selfoon kan maklik ’n rekening open deur *120*277# te skakel.

Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Bankrekeninge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.