Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ford belê miljarde in ‘grootste projek sedert 2010’

Ford Motor Company het pas bekend gemaak dat hy R15,8 miljard belê het in Tshwane se spesiale ekonomiese sone (SEZ) vir motorvoertuie.

Ford se monteeraanleg by Silverton in Pretoria gaan uitgebrei word. Foto: Ford

Die belegging is een van die grootstes nóg in Suid-Afrika en gaan regstreeks lei tot die skep van 11 200 nuwe poste.

David Makhura, premier van Gauteng, sê Dinsdag op die bekendstelling van die belegging in Pretoria die uitbreiding van die SEZ gaan die grootste projek in die land sedert die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 wees.

Ford verwag met die enorme uitbreiding van sy Silverton-aanleg, wat sowat R10,3 miljard van die belegging gaan wees, gaan hy inkomste genereer gelykstaande aan 1,1% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP).

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, sê die belegging is ook 1,3% van pres. Cyril Ramaphosa se ganse beleggingsveldtog wat mik om R1 200 miljard na die land te lok.

Hy het Ramaphosa se lof besing vir beleid wat “regstreeks tot die belegging gelei het”.

Andrea Cavallaro, bedryfsdirekteur van Ford Internasionaal, sê dis die grootste belegging wat Ford nóg in Suid-Afrika gedoen het in die 97 jaar wat hy al hier sake doen.

Hy sê die Silverton-aanleg sal ná die belegging meer as 200 000 voertuie per jaar kan vervaardig.

Meer oor:  Ford  |  Tshwane  |  Pretoria  |  Motors  |  Motorvervaardigers  |  Motorvervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.