Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Foschini, American Swiss hou op huur betaal

The Foschini Group (TFG) het opgehou om huur te betaal weens die impak van die koronavirus-pandemie, berig Bloomberg.

Foshini
Foschini se winkel in die East Rand Mall in Kempton Park. Foto: East Rand Mall

Al sy Suid-Afrikaanse winkels is gesluit sedert die staat van inperking Vrydag van krag geword het.

TFG besit onder meer American Swiss, Foschini, Donna, Totalsports en @home.

Nie een van dié winkels verkoop noodsaaklike produkte nie. Kruidenierswarewinkels, apteke, banke, selfoonwinkels en vulstasies mag gedurende die staat van inperking oop wees, maar mag ook net die goedgekeurde lys noodsaaklike items verkoop, onder meer kos, skoonmaakmiddels, toiletware, lugtyd en brandstof.

LEES OOK:

TFG skrap ook alle planne om winkels op te gradeer of nog winkels oop te maak, volgens ’n brief aan die eienaars van winkelsentrums wat Bloomberg onder oë gehad het. Dis deur die maatskappy as eg bevestig.

“Wanneer die situasie eers genormaliseer het, sal ons die volle finansiële impak op die onderneming kan beoordeel en verder met julle in gesprek tree,” luidens die brief.

Die regering het dit vir die duur van die staat van inperking wettig gemaak dat winkels en restaurante met winkelsentrums mag onderhandel om hul huur te verlaag of huurvakansies te kry om sodoende die Covid-19-pandemie te oorleef. TFG se stap verteenwoordig egter ’n eensydige besluit van die winkelgroep se kant af.

Woolworths, Edgars en Mr Price het die afgelope week aangedui dat die Covid-19-krisis hulle baie seermaak.

Woolworths het sy internasionale klerevervaardigers in kennis gestel dat hy hulle weens kontantvloeiprobleme eers oor 90 dae kan betaal.

Edcon, wat Edgars en Jet besit, kan in Maart net salarisse betaal en het sy verskaffers Donderdag ingelig dat hy hulle nie kan betaal nie en dat hulle dalk nooit betaal gaan word nie.

Edcon sal van 15 Maart tot die einde van die inperking meer as R1 miljard se verkope verloor.

Ook die Mr Price-groep het aan beleggers gesê hy gaan nagenoeg R1,2 miljard in die inperkingstydperk verloor.

Mr Price sê selfs voor die staat van inperking het mense opgehou klere en skoene koop soos wat hulle noodsaaklike items soos kos en toiletpapier gekoop het uit vrees dat tekorte weens Covid-19 sou ontstaan.

Meer oor:  Tfg  |  Woolworths  |  Mr Price  |  Foschini  |  Kleinhandelaars  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.