Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Foschini-groep se verkope val met 30%

The Foschini Group (TFG), wat bekend is vir winkels soos Foschini, Totalsports en Markham in Suid-Afrika, het ’n daling in sy omset van 29,7% beleef van begin April af tot einde Augustus.

’n Foschini-winkel. TFG besit ook Markham, Donna, American Swiss en @home.

TFG het ook winkels in Australië en Brittanje waar inperkings ook gegeld het en winkels gesluit is.

“Die handelstoestande in al drie lande bly moeilik. Al drie lande is in ’n ekonomiese resessie weens die invloed van Covid-19 en verbruikersbesteding is gevolglik onder wesenlike druk.”

In Suid-Afrika het die voortgesette beurtkrag ook ’n uitwerking gehad en omtrent 15 000 handelsure is verloor aan beurtkrag van Mei tot Augustus.

Die verkope van TFG Africa, wat tweederdes van die groep se omset bydra, het met 26% geval.

“Hoewel verkope verbeter het namate die inperkings verslap is, bly dit wisselvallig,” het die groep in ’n handelsoorsig gesê.

Aanlyn verkope, wat 4,5% van dié onderneming se omset verteenwoordig, het verwagtinge van die bestuur oortref en met meer as 100% gestyg.

TFG Africa se klereverkope het van begin April tot einde Augustus met 30% gedaal; huisware met 13%; skoonheidsmiddels met 40%; en juweliersware met 46,8%. TFG besit American Swiss en Sterns.

Verkope van selfone en verwante produkte het met 14,8% gestyg. Dié produkte dra 14% tot TFG Africa se omset by.

TFG Londen se omset het met 58% gedaal en TFG Australia s’n met 28%.

Aanlyn verkope van die groep het met 29,7% toegeneem, hoewel dit ’n bitter klein deel van sy verkope is.

TFG het onlangs ’n regte-uitgifte suksesvol afgehandel. Die groep sê dit sal sy balansstaat versterk in die onsekere ekonomiese tye wat wêreldwyd heers.

Die groep verwag dat sy basiese kernwins per aandeel vir die ses maande tot einde September ten minste 20% laer gaan wees as verlede jaar in die ooreenstemmende tydperk.

Sy halfjaarresultate gaan op 5 November uitgereik word.

Meer oor:  Tfg  |  Foschini  |  Staat Van Inperking  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Klere  |  Vlak 3  |  Klerekleinhandel  |  Vlak 4  |  Klerewinkels  |  Inperking  |  Covid-19  |  Likwidasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.