Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Foschini-groep verwelkom uitspraak oor krediet
Foschini en ander winkelgroepe se verkope is geknou weens die vereiste dat 'n verbruiker drie betaal- en bankstate moet toon om krediet te kry. Foto: Verskaf

Die Foschini-groep (TFG) het bevestig dat die hooggeregshof in Kaapstad die bepalinge in die Nasionale Kredietwet ter syde gestel het wat vereis ’n verbruiker moet drie maande se betaal- of bankstate toon voor krediet toegestaan kan word.

Jane Fisher, TFG se direkteur van finansiële dienste, het gesê dit is die enigste bepalinge wat ter syde gestel is en die res van die wet bly onveranderd.

“Kleinhandelaars het aangevoer die vereiste diskrimineer teen verbruikers, veral die in die informele sektor, wat nie bankstate of salarisstrokies het nie.

“Die onbedoelde gevolg hiervan was dat die informele sektor nie kon kwalifiseer vir krediet wat verantwoordelik toegestaan word nie,” het sy gesê.

Die regulasies wat bepaal hoe die bekostigbaarheid van krediet vir ’n verbruiker nagegaan moet word, het in September 2015 in werking getree.

TFG het in sy jongste jaarverslag gesê die regulasies het ’n voortgesette negatiewe impak op kredietverskaffing in die kleinhandelbedryf.

Dit het in die vorige boekjaar die verkope op krediet laat verlangsaam en die getal rekeninge wat verbruikers by TFG het, laat daal.

Michael Lewis, voorsitter van TFG, het gesê die maatskappy voel so sterk daaroor dat die vereiste verkeerd is dat hy saam met twee ander groot genoteerde kleinhandelaars regstappe teen die nasionale kredietreguleerder en die departement van handel en nywerheid ingestel het.

Dit is dié uitspraak wat nou deur die hooggeregshof in Kaapstad gelewer is.

Die Nasionale Kredietreguleerder het tot in April kans om te appelleer en het nog nie op ’n navraag oor of hy dit gaan doen, gereageer nie.

Meer oor:  Truworths  |  Mr Price  |  Foschini  |  Regulasies  |  Kredietwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.