Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Fout van dubbele betalings reggestel

Die Nedbank-fout wat veral Capitec-kliënte Vrydag rooi laat sien het, is reggestel.

Customers use the Nedbank Group Ltd. automatic tel
Nedbank het die fout reggestel wat verlede week plaasgevind het waar dubbele aftrekkings gedoen is wanneer sy betaalpuntmasjiene en sekere kitsbanke gebruik is. Foto: Nedbank

Duisende kliënte het dubbele aftrekkings gehad wanneer hulle Nedbank-betaalmasjiene in winkels gebruik het. Daar was ook dubbele aftrekkings wanneer Capitec-kliënte kontant by ’n Nedbank-kitsbank onttrek het.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) sê die fout is opgelos “sonder dat kliënte enige finansiële verliese gely het”.

Die transaksies is omgekeer, tesame met die bankkoste wat daarmee gepaardgegaan het.

Die meeste mense wat geraak is, was Capitec-kliënte, maar sommige Standard Bank-kliënte is ook geraak.

Die FSCA sê hy werk met banke saam om hul stelsels en prosesse te hersien om te verseker dat dit nie weer gebeur nie.

Mense wie se rekeninge nie herstel is tot voor die fout nie kan ’n e-pos stuur na die bankombud by info@obssa.co.za.

Meer oor:  Capitec  |  Standard Bank  |  Fsca  |  Nedbank  |  Banksektor  |  Kitsbank  |  Betaalpunte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.