Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
FSCA bevestig klopjag op Sekunjalo se kantoor
Dr. Iqbal Survé

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het bevestig ’n klopjag is op Sekunjalo Investment Holdings se kantoor in Kaapstad uitgevoer.

Die FSCA het laatmiddag in ’n verklaring gesê die klopjag is uitgevoer as deel van ’n ondersoek oor beweerde verbode aandeelverhandeling ingevolge die wet op finansiële markte.

LEES OOK: Klopjag op Iqbal Survé se kantoor gedoen

Die hofbevel vir die klopjag is op 8 Oktober deur regter Patrick Gamble in die hooggeregshof in Kaapstad toegestaan.

Dit laat die FSCA toe om die klopjag onder ’n onafhanklike prokureur se toesig uit te voer.

Netwerk24 het in Maart berig drie van Survé se firmas word oor manipulasie met aandeelpryse ondersoek, naamlik African Equity Empowerment Investments (AEEI), Ayo en Premier Fishing and Brands.

LEES OOK: 3 Iqbal Survé-firmas oor manipulasie ondersoek

AEEI is ’n filiaal van Sekunjalo Investment Holdings.

Die uiteindelike aandeelhouer van Sekunjalo Investment Holdings is die Haraas Trust, waarvan Survé die enigste trustee is en sy twee kinders die begunstigdes is, het Netwerk24 voorheen berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.