Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Futuregrowth draai weer geldkraan vir Sanral oop
Futuregrowth het verlede jaar in Junie opgehou om in Sanral se skuldbriewe te belê, maar nou weer gekoop.

Die land se grootste belegger in staatsmaatskappye se skuldbriewe, Futuregrowth, het weer begin om in die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) te belê.

Futuregrowth het verlede jaar in Junie opgehou om in Sanral se skuldbriewe te belê.

Die batebestuurder het einde Augustus aangekondig hy gaan ophou om geld uit te leen aan ses staatsmaatskappye omdat daar kommer bestaan oor hoe hulle bestuur word.

Dit het Eskom, Transnet, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika ingesluit.

Futuregrowth het reeds weer begin leen aan die Ontwikkelingsbank, die Landbank en die NOK.

Dus moet nog net Eskom en Transnet se geldkraantjie oopgedraai word.

Sanral het in ’n verklaring die besluit van Futuregrowth om weer in sy skuldbriewe te belê, verwelkom. Inge Mulder, finansiële bestuurder van Sanral, sê dit bevestig die onderneming beskik oor hoë standaarde vir korporatiewe bestuur.

“Dit sal bydra tot groter vertroue van die beleggingsgemeenskap in Sanral se korporatiewe bestuur.”

Netwerk24 het in Junie berig Sanral moes nog ’n veiling van sy skuldbriewe kanselleer omdat daar geen belangstelling van beleggers was nie.

Volgens Mulder het Futuregrowth die besluit geneem ná ’n “intensiewe proses van konstruktiewe skakeling” met Sanral.

Landbank

Uit ’n verklaring van die Landbank verlede jaar het dit geblyk Futuregrowth se kommer handel oor die onafhanklikheid van hul direksie en kommer oor hul korporatiewe bestuur, hul beleid oor hoe polities blootgestelde persone hanteer word en ’n register wat toon watter belangebotsing kan bestaan rakende vername besluitnemers en direkteure.

Boonop gaan Futuregrowth spesifieke beskerming in leningsooreenkomste inbou vir beleggers wat spesifiek daarop fokus dat die stabiele verhouding met die nasionale tesourie voortgesit word, is verlede jaar berig.

Sy het egter ook in die verklaring Futuregrowth se besluit van verlede jaar gekritiseer. Sy sê dit het nie in ag geneem dat Sanral deur wetgewing gereguleer word en dat sy direksie ’n aantal prosesse in plek gestel het wat verseker hoë standaarde van korporatiewe bestuur word gevolg nie.

Sy sê dit was jammer dat Futuregrowth verlede jaar die besluit geneem het sonder om dit aan Sanral te kommunikeer.

“Ons is baie bewus van ons verantwoordelikheid om relevante en deursigtige inligting aan die mark te verskaf wat beleggers in staat stel om ingeligte besluite te neem.

“Ons ondergaan reeds tweejaarliks ’n hersiening van ons korporatiewe bestuur deur ’n derde party en sal sodanige bevindings in ons jaarverslag publiseer.

“As ’n maatskappy in staatsbesit beloof ons goeie bestuur en gebruik ons King IV as riglyn terwyl die direksie volle verantwoordelikheid vir die toepassing daarvan neem.”

Mulder sê dialoog met beleggers sal voortduur ten einde vertroue in Sanral se goeie bestuur te bewerkstellig sodat die effektemark ’n lewensvatbare platform vir finansiering vir die nasionale padinfrastruktuur kan bly.

“Ons sal die minister van vervoer waar toepaslik betrek om verbeteringe voor te stel vir ons huidige bestuur. Daar is ’n wet wat Sanral reguleer en ons is bewus van die jurisdiksie van die minister en die regeringprosesse om die bestuur van staatsmaatskappye te hersien.”

Verlede jaar het die NOK hom voorgeneem om voortaan meer inligting op sy webtuiste en in sy jaarverslag te openbaar oor lenings wat aan persone met politieke bande verskaf word.

Meer oor:  Transnet  |  Futuregrowth  |  Eskom  |  Nok  |  Nywerheidsontwikkelingskorporasie  |  Landbank  |  Sanral  |  Staatsondernemings  |  Effekte  |  Staatskuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.