Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gaan Cyril SAL laat vou?

Pres. Cyril Ramaphosa het geen duidelike teken gegee oor of die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toegelaat sal word om onder te gaan nie.

Hy het ook geen verwysing gemaak nie na die sakeredders se onlangse besluit om alle binnelandse vlugte te kanselleer, buiten enkeles tussen Johannesburg en Kaapstad.

Een van die SAL se vliegtuie staan op die aanloopbaan in Kaapstad. Foto: Bloomberg

Hy het net vlugtig daarna verwys as ’n voorbeeld van wat die omvang van korrupsie en wanbestuur by staatsondernemings is.

“Daar word verwag dat die sakereddingspraktisyns hul planne vir die herstrukturering van die lugdiens in die volgende paar weke sal onthul.

“In die belang van die Suid-Afrikaanse lugvaartbedryf en ons ekonomie is dit noodsaaklik dat ’n toekomstige hergestruktureerde lugdiens kommersieel en operasioneel volhoubaar is, en dat dit nie verder afhanklik is van regeringsfinansiering nie,” het hy gesê.

Die SAL het op 5 Desember in vrywillige sakeredding gegaan.

Les Matuson en Siviwe Dongwana is as sakeredders aangestel.

Daar is egter reeds groot ongelukkigheid by veral vakbonde oor hoe hulle die proses hanteer.

Dit volg nadat hulle op 6 Februarie aangekondig het dat alle binnelandse vlugte gekanselleer word, buiten dié tussen Johannesburg en Kaapstad. Verskeie internasionale vlugte is ook gekanselleer.

LEES OOK: GRAFIKA: Dié 11 roetes van die SAL val weg

Prasa

Ramaphosa het ook onderneem dat daar dringend aandag gegee gaan word aan die staat se passasierspoordiens, wat onder meer Metrorail bedryf.

“Die sentrale lyn in die Wes-Kaap en die Mabopane-lyn in Pretoria is gesluit vir noodsaaklike opknapping en opgradering.

“Ons belê R1,4 miljard in elkeen van dié spoorlyne om ’n veilige, betroubare en bekostigbare diens te lewer.

“Werk aan ander lyne sluit in die opgradering van stasies, parkeerterreine, nuwe seinstelsels en oorhoofse elektriese bedrading,” sê Ramaphosa.

Hy het egter niks gesê oor wat hy gaan doen om die finansiële situasie by Prasa op te los nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.