Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Game kry nuwe lewe met nuwe pienk naam

Die sukkelende algemene handelaar Game het sy handelsnaam opgeknap, maar sy “skelpienk” kleur behou.

Netwerk24 het onlangs berig oor hoe beroerd dit gaan by Game, wat deur die genoteerde Massmart-groep besit word. Massmart se grootste aandeelhouer is die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart.

LEES OOK: Massmart se aandeel val 25% ná Game verlies ly

Game het Dinsdag in ’n verklaring die hernuwing van sy handelsmerk en sy herposisionering in die mark aangekondig.

So het Game se handelsmerk nog tot dusver gelyk.

Katherine Madley, ’n direkteur van Game wat vir klantediens verantwoordelik is, sê die opknapping weerspieël meer akkuraat wat die winkelgroep vandag is.

Volgens haar is Game welbekend vir sy huistoestelle en toerusting vir tuisvermaak. “Maar wat ons nodig het, is om erkenning vir ons drankwinkels, kruideniersware, troeteldierprodukte, speelgoed en babaprodukte te kry.”

Die bekende skelpienk wat in 1970 saam met die eerste Game-winkel in Durban gekom het, word behou.

Die plan met die opknapping is ook om ’n jonger generasie kopers te lok sonder om sy bestaande klante te vervreem.

Die slagwoord is nou “You’ve got Game” wat ’n sinspeling is op die een wat die afgelope jare onder Suid-Afrikaners, naamlik “You always win at Game”, bekend geword het.

Game nuut
Die nuwe handelsmerk van Game.

Volgens haar sal die opknapping help om die “rebelse identiteit van die handelsnaam” te herbou.

Die gedagte met die advertensieveldtog is om die “belofte dat Game die beste keuse vir verbruikers is te onderstreep”.

“Die kultuur van die handelsnaam is om klante te help om geld te spaar sodat hulle beter lewens kan lei,” sê Madley.

Die bemarking is bedoel om die klant te laat voel dat hy ’n “skerp denker en slim besluitnemer” is.

Die gedagte dat die handelsnaam ’n “rebel” is, is om te toon dat hy teen sy mededingers se hoër pryse rebelleer.

Madley sê in die moeilike ekonomiese omstandighede soek verbruikers winskopies en dit is dus ’n goeie tyd om die waarde wat dié winkelgroep bied te vernuwe.

Groot winskope kom, sê die winkelgroep in ’n verklaring.

Meer oor:  Massmart  |  Game  |  Katherine Madley  |  Bemarking  |  Advertensieveldtog  |  Handelsnaam  |  Winkelgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.