Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Game, Makro beleef druk op verbruikers in feestyd

Die kleinhandelgroep Massmart, wat Game en Makro besit, sê die ekonomiese impak van die Covid-19-pandemie op verbruikers kan in die verkope in sy winkels in die laaste kwartaal van die jaar gesien word.

Mense staan Swart Vrydag in ’n lang ry en wag vir Makro in Bloemfontein om sy deure oop te maak .Foto: André Damons

Die maatskappy sê in sy handelsverslag vir die boekjaar tot einde Desember die ekonomiese impak is sigbaar in minder besoekers aan winkels, veral in groot winkelsentrums.

Verkope oor die naweek van Swart Vrydag in November was swakker as in 2019 en selfs die promosies wat oor die hele maand aangebied is, het dit nie heeltemal teengewerk nie.

Massmart sê dit stem ooreen met wat ander kleinhandelaars beleef het.

In die vierde kwartaal van sy boekjaar is baie van die inperkings vir die pandemie opgehef en kon die maatskappy ook weer drank begin verkoop.

“Drankverkope is egter steeds beperk deur die korter handelsure wat toegelaat is en die nuwe handelsbeperkings wat weer middel Desember ingestel is.”

Sy boekjaar eindig op 27 Desember.

Volgens Massmart was besoekersgetalle en verkope in Desember steeds gedemp.

Al waar sterker verkope beleef is by Massmart, wat ook Builders Warehouse besit, is in produkte vir huisverbeterings. Dit is ’n tendens wat al voorheen gesien is.

Die totale verkope vir die kwartaal het met 4% tot R25,6 miljard gedaal. In vergelykbare winkels (uitgesluit nuwe winkels wat geopen is sedert die ooreenstemmende tydperk) het verkope met 3,6% gedaal.

Vir die hele boekjaar tot einde Desember het sy verkope R86,5 miljard beloop – ’n daling van 7,7%.

In die res van Afrika waar die groep ook winkels het, het verkope met 5,4% gedaal.

Massmart het al voorheen aangekondig hy het na raming R5,7 miljard se verkope verloor weens die staat van inperking.

Die maatskappy sal op 8 Maart sy jaarresultate uitreik.

Meer oor:  Makro  |  Game  |  Massmart  |  Kleinhandel  |  Winkels  |  Swart Vrydag  |  Verkope  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.