Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gareth Ackerman: ‘Dit help nie om landuit te vlug’

“Dis nie moeilik om deesdae ’n pessimis in Suid-Afrika te wees nie.”

Gareth Ackerman
Gareth Ackerman, voorsitter van die Pick n Pay-groep. Foto: Verskaf

Hy is versigtig om deesdae ’n uitnodiging na ’n aandete te aanvaar, sê Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay.

“ ’n Mens kan net soveel keer luister na mense wat vertel hoe depressief hulle is, hoe die ekonomie aan ’n draadjie hang en dat ons op die rand van die afgrond is of reeds in ’n krisis is.

“Maar daar is min sin daarin om van hierdie depressie te probeer ontsnap deur oorsee uit te wyk. Dit is oral dieselfde. Brexit, populistiese presidente, handelsoorloë en ’n nuwe wêreldwye afswaai in die ekonomie, die klimaatskrisis en populistiese betogings.”

Ackerman het beleggers toegespreek op die aanbieding van die groep se halfjaarresultate tot begin September.

Te midde van die swak ekonomie vind talle kleinhandelaars dit moeilik om hul verkope te laat groei en hul winsmarges te behou, sê hy.

Pick n Pay het in die halfjaar daarin geslaag om sy omset met meer as 6% en sy handelswins met 16% in Suid-Afrika te laat groei.

Ten spyte van die negatiewe omgewing is daar geleenthede in die kleinhandel.

kruideniersware

“Ons verwag groter verbruikersvraag vanweë dinamiese veranderinge in die ekonomie,” het Richard Brasher, uitvoerende hoof, gesê.

Volgens hom word verwag dat die formele mark vir kruideniersware van 2020 tot 2025 met R300 miljard tot R900 miljard sal groei.

Dit is oral dieselfde. Brexit, populistiese presidente, handelsoorloë en ’n nuwe wêreldwye afswaai in die ekonomie, die klimaatskrisis en populistiese betogings...
Gareth Ackerman van Pick n Pay

Verskillende faktore sal daartoe bydra, insluitende bevolkingsgroei van 1,5% per jaar en voortgesette verstedeliking wat meer mense na die formele kleinhandelmark en moderne kruidenierswarewinkels gaan bring.

Terselfdertyd word verwag die BBP gaan met 1% tot 1,5% per jaar oor die volgende vyf jaar groei, met ’n inflasiekoers van om en by 5% per jaar.

“Daar is min markte in ontwikkelde lande waar daar ’n groot waarskynlikheid van groei in die kleinhandel is.

“As jy in die kruidenierswaremark in Suid-Afrika is, is dit bemoedigend. Ek kan nie dink aan enige ontwikkelde mark in Europa waar daar groei gaan wees nie,” sê Brasher.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Gareth Ackerman  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.