Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gareth Ackerman: ‘Regulasies maak nie sin’

“Verlore sondebelasting” kon ’n groot deel of dalk selfs die hele entstofprogram gefinansier het, het Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay se direksie, Woensdagoggend gesê.

Pick n Pay wil help met die entstofprogram.

Ackerman het te velde getrek teen die langdurige en herhalende verbod op die verkope van drank en sigarette. Hy sê hy kan glad nie insien hoe dit oor die Paasnaweek as veiliger beskou is om in ’n kroeg te drink as om ’n glas wyn by jou huis te geniet nie.

Hy het die hoop uitgespreek dat die regering besluite voortaan op ’n wetenskaplike grondslag sal doen en dit sal vermy om politiek gemotiveerde besluite te neem.

Ackerman het ook gesê hy is diep bekommerd oor die trae pas van inentings. Hy sê die regering moet gereeld en ordentlik kommunikeer oor die entstofprogram.

Pick n Pay is slaggereed om daarmee te help indien dit moontlik gemaak word.

Dis nooit duidelik gemaak hoe mense veiliger was om by kroeë, restaurante en tavernes te drink as om ’n glas wyn by die huis te drink nie.
Gareth Ackerman van Pick n Pay

Hy het voor die groep se resultatevoorlegging ’n huldeblyk gelewer aan personeellede wat aan Covid-19 dood is. Hy het klante ook bedank vir hul “lojaliteit en begrip” in die moeilike jaar wat verby is.

“Soos baie leiers is ek bekommerd oor die spoed van inentings in die land. Hoe langer dit duur, hoe langer bly Suid-Afrikaners onbeskermd teen dié verskriklike virus, hoe groter is die risiko van ’n derde vlaag en die moontlikheid dat nuwe variante van die virus kan ontstaan.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay se direksie.

“Ons het aangebied om alles in ons vermoë te doen om die entstof doeltreffend te versprei wanneer dit beskikbaar is.

“Die regering moet duidelik en gereeld kommunikeer om burgers op hoogte te hou en vertroue in die proses te bou.

“Deursigtigheid geld ook ander besluite, soos die gereelde perke op die verkoop van alkohol wat ons vir 209 dae van die afgelope jaar beleef het.

“’n Onlangse voorbeeld was die drankverbod gedurende Paasfees – slegs in kleinhandelwinkels, terwyl groter groepe mense kon vergader.

“Dis nooit duidelik gemaak hoe mense veiliger was om by kroeë, restaurante en tavernes te drink as om ’n glas wyn by die huis te drink nie.

“Ons hoop dat besluitnemers beter na beskikbare en betroubare data sal kyk om meer ingeligte, bewys-gegronde beleidsbesluite te neem en dit openlik en duidelik te kommunikeer om die vertroue van Suid-Afrikaners te verdien en om politieke besluite te neem, veral tydens ’n ramp.”

Meer oor:  Pick N Pay  |  Peter Boone  |  Richard Brasher  |  Kleinhandelaars  |  Staat Van Inperking  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Kruideniersware  |  Winkels  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Covid-19  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.