Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein-agentskap positief oor toekoms
Die Gautrein wag vir passasiers op die Pretoria-stasie. Foto: Elvira Wood

Die Gautrein is so gewild hy sal binnekort nuwe waens moet koop.

Jack van der Merwe, uitvoerende hoof van die Gautrein- bestuursagentskap, het Woensdag in Johannesburg op die Mededingingskommissie se sitting oor openbare vervoer gesê die Gautrein het 96 waens, maar dit is nie voldoende nie. Die tenderproses vir 48 nuwe waens sal teen Augustus afgehandel word.

Daarbenewens is daar planne om die Gautrein-netwerk uit te brei.

Netwerk24 het voorheen berig oor die planne om die netwerk met 150 km se spoorlyne en 19 stasies uit te brei.

Lees ook: Gautrein brei uit

Van der Merwe sê as die projek wel finale goedkeuring van die regering kry, sal dit 20 tot 25 jaar neem om te voltooi. Dit is omdat al die voorgeskrewe prosesse en openbare konsultasies gevolg moet word voordat daar met enige werk begin kan word.

“Toe ons Gautrein 1 gebou het, was mense baie bekommerd oor die nadele wat ’n stasie sou inhou. Nou sien hulle hoe positief dit kan wees en wil hulle eerder stasies nader aan hulle hê as verder.

“Daar is dus ’n groot proses om te besluit presies waar die nuwe spoorlyne en stasies moet wees.”

Hy waarsku egter dat daar uitdagings is om ’n stelsel soos die Gautrein te bedryf en uit te brei.

Die vyf grootste uitdagings is:
1. Stadige ekonomiese groei, beteken minder mense werk, wat weer minder passasiers beteken.

2. Gauteng se verbeterde hoofweë maak dit makliker vir mense om hul motors en nie openbare vervoer soos die Gautrein te gebruik nie. E-tol skrik motoriste nie af nie.

3. Daar is groot kommer oor die dispute tussen metertaxi’s en app-gegronde taxidienste oor wie waar bedrywig mag wees. Die Gautreinstasies is dikwels ’n oorlogsone in hierdie stryd.

4. Omdat ekonomiese groei so stadig is, is daar ’n stagnasie in die aantal mense wat vlieg. Daar is dus nie groei in die roete na die lughawe nie.

5. ’n Groot styging in die brandstofprys soos wat die geval in Junie was, dryf meer mense na die Gautrein, maar sonder die nodige bedryfsvermoë kan hy dan nie almal vervoer nie.


Meer oor:  Gauteng  |  Gautrein  |  Openbare Vervoer  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.