Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Só verander pryse, tye
Die Gautrein bly een van die povinsie se mees ambisieuse projekte nog.

Die Gautrein se nuwe verlengde spitstyd-ure beteken Gautengers het nou toegang tot meer treine en verlengde ure, én kan uitsien na die opskorting van spitstydtariewe.

Die Gautrein het Vrydag aangekondig dat hy sy spitstyd-ure gewysig het om vir meer mense en teen laer pryse toegang te gee tot dié broodnodige openbare vervoerstelsel tussen Johannesburg en Pretoria.

Die verlengde spitstyd-ure beteken dat treine vir langer elke tien minute beskikbaar sal wees en dat bykomende waens bygevoeg word om die treine se kapasiteit beduidend uit te brei.

Op die noordwaartse treinroete van Parkstasie tot by Hatfield sal spitstyd op weeksmiddae nou 50 minute vroeër begin om 14:38, en nie-spitstydtariewe sal toegepas word.

Treine wat suidwaarts beweeg van Hatfield- na Parkstasie sal nou vroeër op weeksdagoggende begin ry.

Die Hatfield- tot Parkstasieroete se nuwe eerste vertrektye is as volg:

  • Hatfield 05:05
  • Pretoria 05:12
  • Centurion 05:20
  • Midrand 05:29
  • Marlboro 05:35
  • Sandton 05:40
  • Rosebank 05:44

Nog agt waens word by elke trein op dié roete op spitstye gevoeg.

Die besige O.R. Tambo-lughawe-roete na en van Sandton se eerste treine het nie aanvanklik by die stasies tussen die begin- en eindpunt gestop nie. Die Gautrein sê dat sy eerste trein nou wel by die Rhodesfield- sowel as die Marlboro-stasie op weeksdae sal stilhou.

Dit beteken dat dié twee stasies nou ook vroeër vertrektye kry.

Die eerste trein vanaf Rhodesfield vertrek dus nou om 05:22, en om 05:29 vanaf Marlboro.

Op naweke en openbare vakansiedae gaan treine nou elke 20 minute tussen Sandton en O.R. Tambo beskikbaar wees, waar dit voorheen elke 30 minute was.

Rakende die opskorting van spitstydtariewe sê die Gautrein-maatskappy dat dit vir eers die heersende tariefstelsel sal wees, maar dit kan later hersien word.

gautrein
'n Tabel met die nuwe kaartjiepryse vir die Gautrein vir vanjaar.

Meer oor:  Gautrein  |  Openbare Vervoer  |  Trein  |  Vervoer  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.