Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Gaan dié pendeldiens Covid oorleef?

Die Gautrein het sowat 76% van sy daaglikse passasiers verloor weens die voortslepende koronaviruspandemie.

Die Gautrein sukkel om te oorleef te midde van die koronaviruspandemie. Foto: Gallo Images

Dit is omdat baie voormalige pendelaars steeds van die huis af werk.

Murray & Roberts (M&R), die konstruksiemaatskappy wat ’n 50%-belang het in Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bestuur, het dié droewige prentjie vandeesweek geskets.

Henry Laas, uitvoerende hoof van M&R, sê die daaglikse passasierstal het van gemiddeld 55 000 voor die pandemie tot slegs 13 000 gedaal.

Dis minder as ’n kwart van die normale verkeer waarvoor die Gautrein gebou is.

Die Gautrein het alle bedrywighede tydens die strengste vlak 5 van die staat van inperking verlede jaar gestaak en het eers weer op 4 Mei 2020 sy bedrywighede hervat.

Laas draai nie doekies om nie: Dit gaan nog ’n ruk duur voordat passasierstalle normaliseer.

M&R is weens sy blootstelling aan Bombela bitter kwesbaar vir sulke dalings in passasierstalle van die Gautrein-diens.

Laas sê ’n versekeringseis vir sake-onderbreking ten bedrae van R285 miljoen is darem die afgelope paar maande aan die maatskappy betaal.

Hierdie geld is gebruik om hoërentedraende skuld af te betaal sodat die maatskappy nie in ’n skuldstrik beland nie.

Maar die enigste werklike uitweg vir dié vlagskip van Gauteng se openbare vervoerstelsel is om so gou moontlik meer passasiers aan boord te kry.

En dit lyk nie asof dit gou gaan gebeur nie.

Meer oor:  Gautrein  |  Murray & Roberts  |  Bombela  |  Treine  |  Werk Van Huis Af  |  Spoorweë  |  Pendelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.