Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Géén prysverhogings, vir nou
Kaartjies vir die Gautrein word vir eers nie duurder nie.

’n Gautrein-kaartjie gaan nie aanstaande maand duurder word nie, het dié treindiens aangekondig.

Kaartjiepryse vir die Gautrein verhoog elke jaar in Junie, maar dit gaan nie vanjaar gedoen word nie.

“Weens die staat van inperking en die huidige ekonomiese situasie in Suid-Afrika, gaan tariewe nie soos gewoonlik in Junie verhoog word nie,” sê die Gautrain-bestuursagentskap en Bombela, die firma met die konsessie om die Gautrein te bedryf.

Die Gautrein was vir vyf weke uit bedryf en het eers verlede Maandag beperkte dienste hervat.

Die diens gaan wel later in die jaar prysverhogings instel “sodra daar meer duidelikheid is oor wanneer inperkingsmaatreëls opgehef gaan word”.

Die Gautrein het in Mei verlede jaar laas prysverhogings aangekondig wat in Junie in werking getree het.

Die jaarlikse verhoging in kaartjiepryse word gelei deur die verbruikersprysindeks, sê Bombela.

Meer oor:  Pryse  |  Staat Van Inperking  |  Gautrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.