Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Gratis parkering, langer ure kom

Pendelaars wat die Gautrein gebruik, het pas nóg goeie nuus gekry. Nie net bly kaartjiepryse vir eers onveranderd nie, hulle sal ook van Maandag af gratis by Gautrein-stasies kan parkeer.

Die Gautrein verleng eersdaags sy bedryfsure.

Die Gautrein-bestuursmaatskappy sê in ’n verklaring dit word gedoen om die finansiële druk wat die staat van inperking veroorsaak, te help verlig.

Daarby word die bedryfsure van die treindiens verleng. Die Gautrein gaan eersdaags vanaf 05:30 tot 19:00 in bedryf wees.

Die diens sê hy sal volgende week aankondig wanneer sy verlengde ure in werking tree. Die eerste trein sal om 05:30 vertrek en die laaste een om 19:00. Die stasies is Hatfield, Park, Sandton en Rhodesfield.

Spitstydskedules sal van 06:00 tot 09:00 en van 14:30 tot 17:30 ingestel word, met treine elke 15 minute. Buite spitstyd sal treine elke halfuur vertrek. Oor naweke en op openbare vakansiedae vertrek treine uurliks.

Parkering by alle Gautrein-stasies sal van 18 Mei gratis wees om die finansiële druk op verbruikers te help verlig. Die diens sê nie hoe lank dié reëling van krag sal wees nie.

Die Gautrein se busdienste word ook van Maandag uitgebrei en sluit nou in die roete in Arcadia (H3), Pretoria se middestad (P3), Sunninghill (M3), Rivonia (S3), Randburg (S4), Fourways (S5), Parktown (J1) en Johannesburg se middestad (J2). Die busse loop slegs weekdae in spitstyd. Geen busse word buite spitstyd, oor naweke of op openbare vakansiedae bedryf nie.

Aangepaste busroetes, wat spesiaal vir mediese personeel by hospitale in Gauteng stop, sal steeds van krag bly.

Die diens tot by die O.R. Tambo-lughawe bly opgeskort tot verdere kennisgewing, wat beteken Rhodesfield is die laaste stasie op die oos-wes-roete.

Vroeër die week is bekend gemaak ’n Gautrein-kaartjie gaan nie aanstaande maand duurder word nie.

Die diens gaan wel later in die jaar prysverhogings instel “sodra daar meer duidelikheid is oor wanneer inperkingsmaatreëls opgehef gaan word”.

Die Gautrein was vyf weke lank uit bedryf en het eers op Maandag 4 Mei beperkte dienste hervat.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Treine  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Gautrein  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Covid-19  |  Pendelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.