Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein kort R4 miljard vir nuwe treine
Die Gautrein staan op Pretoria-stasie.

Die Bombela-maatskappy, wat die Gautrein bedryf, het R4 miljard nodig om meer treine te koop.

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (OSA) het in ’n e-pos bevestig hy staan aan die hoof van die projek om die geld in te samel.

Die Gautrein se vloot moet met 50% vergroot word voordat daar met die beplande uitbreiding van die netwerk begin kan word.

’n Woordvoerder van die OSA het bevestig die Kanadese maatskappy Bombardier, CRRC van China en Egoli Rail, ’n plaaslike treinvervaardiger, het tenders ingedien.

Gautrein, wat aan die staat behoort, beplan om sy bestaande netwerk van 80 km met nóg 150 km uit te brei.

Hy wil ook ’n nuwe depot bou.

Die Gautrein is gebou in aanloop tot die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika gehou is.

Die netwerk verbind die middestad van Pretoria met dié van Johannesburg, asook Sandton en die O.R.Tambo-lughawe. Ná die uitbreiding sal treine tot sover as Soweto in die suide van Johannesburg loop.

– Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.