Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein loop weer lughawe toe
Die Gautrein stop by die Pretoria-stasie.

Mense wat na die O.R. Tambo-lughawe moet reis, kan nou weer in spitstye die Gautrein gebruik.

Die diens is egter net van Sandton beskikbaar.

Die trein sal ook by die Rhodesfieldstasie stop.

Gedurende die dag – tussen 09:00 en 16:00 – sal daar ook ’n busdiens tussen die onderskeie stasies wees.

Die Bombela-groep, wat die trein bedryf, sê daar sal in spitstye elke 12 minute treine tussen Centurion en Sandton en elke 20 minute tussen Sandton en Parkstasie wees.

Sowat 60 000 pendelaars gebruik elke dag dié diens.

Die beperkte diens is weens ’n staking wat Sondag net ná middernag begin het.

Sowat 90% van die Gautrein se werknemers, wat lede is van die United National Transport Union (Untu), eis ’n salarisverhoging van 10%, hoër nagskoftoelae en ook dat die maatskappy 55% tot hul mediesefondsbydraes moet betaal en die werknemers 45%, pleks van die 50/50-verdeling wat nou geld. Werkers eis ook ’n prestasiebonus.

Sonja Carstens, Untu-woordvoerder, sê die vakbond eis ook dat Bombela hul finansiële state na die onderhandelinge bring.

Fin24, verwerk


Meer oor:  Bombela  |  Gautrein  |  Lughawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.