Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Minder treine gaan loop

Die Gautrein se bedryfsmaatskappy, Bombela, het aangekondig minder treine gaan van Maandag om 05:45 beskikbaar wees weens die staking van werkers wat om middernag begin.

Bombela het Sondagmiddag sy gebeurlikheidsplan bekend gemaak.

Die diens wat tydens die staking gelewer sal word, behels treindienste gedurende die spitstye tussen 05:45 en 09:00 en weer tussen 16:00 en 19:00.

Die treine sal elke 12 minute tussen Centurion en Sandton beskikbaar wees en elke 20 minute tussen Sandton en Parkstasie.

Geen treine sal beskikbaar wees buite dié tye nie. Net Centurion, Sandton en Parkstasie sal oop wees.

Busdienste sal net Centurion, Sandton en Parkstasie bedien in die bogenoemde spitstye en die normale busroetes sal gevolg word.

Gautrain Foto: Brendan Croft/Foto24

Om passasiers wat na die lughawe en Rhodesfield reis te akkommodeer sal ’n busdiens tussen Sandton en Rhodesfield-stasie en ’n busdiens tussen Rhodesfield en O.R. Tambo-stasie bedryf word. Dié diens sal tussen 05:45 en 19:00 beskikbaar wees en sal R21 kos.

Die kaartjiekantore by alle stasies gaan gesluit wees.

Passasiers moet die kaartjiemasjiene gebruik of op Gautrein se webtuiste of met die App kaartjies koop, sê Kesagee Nayager, Gautrein-woordvoerder. in ’n verklaring.

Passasiers wat kaartjies vir die maand of week het, sal vergoed word vir enige verlies. Besonderhede hieroor sal later verskaf word.

Bykomende sekuriteitsmaatreëls sal ingestel word.

Nayager sê passasiers moet verwag die reistye op sekere roetes gaan langer duur.

Amper 300 werkers wat aan die vakbond Untu behoort, het om middernag begin staak nadat ’n loondispuut nie opgelos kon word nie.

Bombela het ’n verhoging van 8,5% in salaris en ander voordele aangebied. Die minimum loon vir bedryfspersoneel sou ook tot R8 500 per maand verhoog word.

Untu het die aanbod verwerp en sy jongste eis kom op ’n totale verhoging van 19,5% neer. 

Meer oor:  Gautrein  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.