Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Tik en betaal gou met enige kaart
Dit gaan binnekort nie meer nodig wees om ’n Gautrein-kaart te koop nie. Foto: Getty Images

Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, beplan om kontaklose betalings met enige bankkaart wat dit toelaat op sy roetes in te stel.

Dit sal beteken dat passasiers nie ’n afsonderlike Gautrein-kaart sal hoef te koop nie en eenvoudig hul bestaande bankkaart se kontaklose-funksie gebruik om vir ’n rit te betaal.

Dié projek is reeds in 2017 aangekondig, waarna ’n loodsprogram van stapel gestuur is.

Die maatskappy het oor die laaste 18 maande met ’n klein groepie passasiers saamgewerk wat die stelsel getoets het.

Bombela het vandeesweek ’n e-pos aan hierdie passasiers gestuur om hulle te bedank vir hul bydrae tot die projek.

“Ons het waardevolle insette en voorstelle van die groep ontvang,” lui die e-pos.

Volgens die maatskappy tref hy tans die finale reëlings voordat dié nuwe betaalmetode aan alle passasiers beskikbaar gestel sal word.

Daar is nog nie ’n amptelike datum waarop die Gautrein kontaklose betalings met enige bankkaart gaan instel nie.

By navraag het Bombela wel aangedui dat dit “binnekort” in werking sal tree.

“Sodra daar meer inligting beskikbaar is, sal ons die passasiers inlig.”

Gautrein het verlede maand ook verlengde spitstydure aangekondig sowel as ’n opskorting van spitstydtariewe.

Meer oor:  Bombela  |  Gautrein  |  Trein  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.