Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gautrein: Tik en betaal is hier, maar pasop...

Die langverwagte funksie wat Gautrein-pendelaars in staat stel om net met enige bankkaart vir hul rit te kan “tik en betaal” is binne twee weke ’n werklikheid.

Tik en betaal is die wet van Transvaal? Foto: Argief

Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, het vandeesweek begin om e-posse aan hul gereelde pendelaars te stuur met die nuus dat die nuwe funksie vanaf 31 Oktober operasioneel sal wees.

Dit beteken dat pendelaars dus nie meer ’n Gautrein-kaart hoef te koop nie en eenvoudig net deur middel van hul gewone bankkaarte se kontaklose funksie vir ’n rit kan betaal.

Bombela rig egter ook ’n belangrike waarskuwing: Moenie lui wees en sommer net jou beursie teen die skandeerder tik nie. As daar verskeie kaarte in jou beursie is, kan die skandeerder nie tussen die kaarte, hetsy bank- of die amptelike Gautrein-kaarte, onderskei nie.

“As dit gebeur, kan ’n tarief gehef word op die kaart waarmee jy nie van plan was om te betaal nie of selfs meer as een van die kaarte in jou beursie kan dalk ’n betaling laat deurgaan,” sê Bombela in sy e-pos aan die pendelaars.

Maar as jy nie versigtig is nie, kan jy ’n R200-boete opgelê word. As ’n pendelaar met een kaart kontakloos betaal om toegang tot ’n stasie te verkry, móét dieselfde kaart gebruik word wanneer die volgende stasie verlaat word. Indien twee kaarte (al is albei aktief) gebruik word vir een so ’n reis, sal dié boete regstreeks van jou gekoppelde kontaklose bankkaart verhaal word.

Dit is dus veral ’n risiko as jy net met jou beursie aan die skandeerder raak terwyl twee kaarte daarin is, want jy sal nie weet watter kaart getik is nie.

Registrasie

As jy jou eie kontaklose bankkaart vir die Gautrein wil gebruik, moet jy dit eers registreer.

Volg hierdie skakel om die registrasieproses te begin.

Indien jy hulp benodig, sal ’n assistent vanaf 17 Oktober tot 13 Desember by elke Gautrein-stasie beskikbaar wees om te help.

Dié projek is reeds in 2017 aangekondig, waarna ’n toetsprogram begin is. Bombela het die afgelope bykans twee jaar die nuwe funksionaliteit met die hulp van ’n klein groepie pendelaars getoets.

Meer oor:  Bombela  |  Gautrein  |  Infrastruktuur  |  Spoorweë  |  Treine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.