Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gavin Watson kry heldeontvangs

’n Triomfantlike Gavin Watson, hoof van die eertydse Bosasa, het Vrydag na die maatskappy se kantore in Krugersdorp teruggekeer te midde van ’n vreugdevolle heldontvangs deur werknemers. Sommiges het hom selfs omhels.

Watson het breed geglimlag toe hy by African Global Operations (AGO), soos wat die maatskappy nou heet, opgedaag het. Werknemers het gesing, onder meer liedjies oor uithou in moeilike tye.

’n Skermgreep van ’n video wys Gavin Watson Vrydag toe hy teruggekeer het na African Global Operations se hoofkantoor in Krugersdorp. Foto: TWITTER

Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag die AGO-direksie se aansoek toegestaan om hul eie onlangse suksesvolle likwidasie-aansoek ongedaan te maak. Hulle het aangevoer hul aanvanklike aansoek was gegrond op “slegte regsadvies”.

Luidens die hofbevel moet die voorlopige likwidateurs binne 12 uur die beheer van die maatskappy aan sy direkteure terugbesorg.

Die direksie het die maatskappy op 12 Februarie onder vrywillige likwidasie laat plaas en op 4 Maart het Joe Gumede, voorsitter van die direksie, die dringende aansoek ingedien om dit ongedaan te maak en om Cloete Murray en andere wat as voorlopige kuratore aangestel is, te verwyder.

Die hof het beheer aan die maatskappy se direkteure, wat in getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping by beweringe van wydverspreide korrupsie betrek word, toegestaan.

Angelo Agrizzi, ’n voormalige bedryfshoof van Bosasa, het oor die beweerde korrupsie voor die kommissie getuig.

Agrizzi het onthul dat Watson na bewering instrumenteel was in die bedryf van omkopery vir staatstenders waardeur miljoene rand se omkoopgeld aan staatsamptenare betaal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.