Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gee Pravin skerper tande, vra parlement
Pravin Gordhan Foto: Felix Dlangamandla

Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings wil nou óók hê dat die departement van openbare ondernemings meer mag oor staatsondernemings moet kan uitoefen.

Die portefeuljekomitee wil nou hê ’n wetsontwerp om dié mag te kodifiseer, moet vinniger afgehandel word.

Die komitee het Maandag sy begrotingshersiening en aanbevelingsverslag bekend gestel.

“Die departement behoort die Wetsontwerp oor Belanghebbende Bestuur vinnig uit te reik, wat hom in staat sal stel om sy verantwoordelikheid vir oorsig oor staatsondernemings meer doeltreffend te kan uitoefen, veral deur leiding te kan verskaf oor hoe om staatsondernemings se strategiese prioriteite met regeringsbeleid te laat ooreenstem,” sê die verslag.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in Julie gesê ’n groenskrif vir die wetsontwerp sal teen volgende jaar bewerkstellig sou word.

Vroeër vandeesmaand het die portefeuljekomitee juis gehoor dat administratiewe uitdagings, waaronder onreëlmatige besteding, verskeie staatsondernemings onderkry.

Dis toe uitgewys dat die onreëlmatige besteding van staatsondernemings onder die toesig van die departement van R31,4 miljard in 2018 tot R86,2 miljard in 2019 opgeskiet het.

Volgens Gordhan mik die nuwe wetsontwerp om die departement behoorlik te bemagtig sodat hy sy verantwoordelikheid vir belanghebbende bestuur kan uitoefen en ook genoegsame oorsig oor ondernemings in staatsbeheer kan bied.

Die groenskrif vir die wetsontwerp is besig om gefinaliseer te word.

Die portefeuljekomitee wil egter hê die departement moet ook verdragte met die betrokke staatsondernemings onderteken wat dan aan die komitee oorhandig moet word. Dit is ten einde om ook die komitee se eie oorsigkapasiteit te versterk.

Die verslag sê al word daar nog gepraat oor presies hoe die eienaarskap van sommige staatsondernemings sal ontwikkel, kan hulle doodeenvoudig nie “in hul huidige vorm” optimaal funksioneer nie.

“Die alewige reddingsboeie en waarborge plaas die Suid-Afrikaanse ekonomie in gedrang,” sê die verslag.

“ ’n Nuwe model waardeur die regering se blootstelling aan staatsondernemings beperk word, word tans deur die minister van finansies ondersoek.”

Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die departement van openbare ondernemings met die tesourie moet saamwerk vir die ontwikkeling van ’n volhoubare sakemodel, wat die rol en mandaat van die departement sou vestig.

Die aanbeveling van die verslag kom te midde van kritiek van vakbonde en drukgroepe wat die regering se “inmenging” die skuld vir die beleërde toestand van talle staatsondernemings. – Fin24, verkort

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.