Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Gee vir elke pendelaar ’n subsidie’

Minibustaxi’s vervoer 57% van die Wes-Kaapse pendelaars sonder ’n subsidie.

Die subsidie moet eerder aan pendelaars gegee word sodat hulle kan besluit watter vervoermiddel hulle wil gebruik, sê Vernon Billet, president van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap.

Vernon Billet, president van Santaco Wes-Kaap. Foto: Edrea du Toit, Argief

Die reëls moenie anders wees vir taxi’s as vir busse nie, sê Billet.

Die feit dat ’n treinkaartjie geldig verklaar word om op die Golden Arrow-busdiens gebruik te kan word as daar probleme met Metrorail is, beteken pendelaars gaan na Golden Arrow eerder as na die taxi’s, het hy aan die Mededingingskommissie se ondersoekpaneel gesê tydens die Kaapse been van die kommissie se markondersoek na openbare vervoer.

Billet verduidelik dis die taxibedryf wat eerste dienste lewer wanneer daar ’n nuwe woonontwikkeling kom, maar dan kom “oes Golden Arrow waar hy nie gesaai het nie” wanneer hy sy eie dienste in die nuwe ontwikkeling kom vestig.

“Ons laat die monopolieë toe om ons lede uit die pad te skop.”

Hy het die voorbeeld genoem van ’n taxiraadslid wat in Worcester ’n diens na die Rainbow Chicken-aanleg aangebied het, maar ’n tender vir pendelvervoer na die aanleg is toe aan Unitrans gegee, wat nou dieselfde taxiroete gebruik.

“Ons is soos mense wat sop met ’n vurk eet,” sê Billet. Solank as wat die taxibedryf van die subsidiestelsel uitgesluit word, sal dit plaaslike gemeenskappe en pendelaars wees wat die pyn vat.

Sodra die taxi-eienaar ’n minibustaxi koop teen ’n rentekoers van 16% tot 30% is dit ’n jaagtog om sitplekke vol te maak om die taxi te kan afbetaal.

Billet meen voertuigvervaardigers is “kroeks”, want hulle blaas die pryse van minibustaxi’s op. ’n Toyota Quantum minibustaxi kos nou al ’n halfmiljoen rand.

Lees ook: Golden Arrow sou rieme só dunner kon sny

Nazeem Abduragman van Santaco Wes-Kaap sê die taxibedryf verhoog nie sy tariewe elke maand soos wat brandstofpryse verhoog word nie. Pryse bly dikwels onveranderd vir tot ses jaar. Die taxibedryf word nie gesubsidieer nie terwyl ’n busdiens soos Golden Arrow ’n subsidie van meer as R200 miljoen per jaar kry.

Leon Williams, voorsitter van die Manenberg Taxivereniging, verduidelik die minibustaxibedryf is van die grond af opgebou “deur hul eie mense” sonder enige subsidie. Hy meen die regering moet aan die bedryf ’n subsidie gee om ook busdienste te begin sodat daar minder taxi’s op die pad hoef te wees.

Isaac Moses, sekretaris van die noordelike streek van Santaco Wes-Kaap, glo as die regering die taxibedryf help om busdienste te begin, kan die subsidie aan konvensionele busdienste verlaag word want die suksesformule van die taxibedryf kan dan aan die busdienste oorgedra word. So ’n diens sal beter kan help wanneer treindienste misluk. Dit sal verkeersknope op paaie aansienlik verminder want daar sal minder taxi’s op die pad wees. Dit sal bydra tot laer brandstofverbruik en ’n skoner omgewing.

Meer oor:  Santaco  |  Golden Arrow  |  Metrorail  |  Prasa  |  Staatsondernemings  |  Busse  |  Openbare Vervoer  |  Minibustaxi  |  Treine  |  Taxi's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.